Piet Cronjé
January 23, 2017
Lizz Meiring
January 27, 2017

Willem Kolbe is in 1847 naby Philippolis in die Oranje-Vrystaat gebore. Hy het in Bloemfontein grootgeword en het in 1865 aan die Basoetoe-oorlog deelgeneem.

Hy was in bevel van die suidelike distrikte van Bloemfontein en het die Bloemfontein-kommando tydens die Anglo-Boereoorlog gelei. Hy was teenwoordig by die beleg van Kimberley en later ook by Paardeberg, Driefontein en die Brandwaterkom. Hy was ook deel van De Wet se inval van die Kaapkolonie in Februarie 1901.

Generaal Kolbe was nie een van die bekendste generaals nie, hoewel die Franse generaal De Villebois-Mareuel met groot lof oor sy leierskap gepraat het. Hy was geliefd in sy kommando en het die burgers altyd vriendelik behandel.