Wen R3000 vir jou kommando!

Hessel sterf aan kanker
Julie 11, 2018
Afrikaanse Liedjietuin: Blommetjie gedenk aan my
Julie 12, 2018

Jy kan R3000 vir jou Voortrekkerkommando wen, bloot deur jou kreatiewe skryf- en kunstalent met ons te deel! Het jy al gehoor van die Internasionale Afrikaans-Ekspo?

Wat is die Afrikaans-Ekspo?

Die Internasionale Afrikaans-Ekspo is ’n opwindende skryf- en kreatiewe kunstekompetisie wat fokus op leerders en studente se kreatiewe hantering van Afrikaans. Tesame met die feit dat dit pret is om deel te neem, word leerders ook gehelp met hulle skryfproses deurdat hulle terugvoer kry van die beoordelaars. 

Wie kan deelneem?

Alle graad 6- tot 12-leerders en studente in Suid-Afrika en Namibië asook enige land ter wêreld waar Afrikaans as moedertaal of nie-moedertaal gebruik word of bestudeer word.

 

Hoe kan ek R3000 vir my Voortrekkerkommando wen?

Die Voortrekkerkommando (Suid-Afrika en Namibië) met die meeste inskrywings ontvang R3000! Waarvoor wag jy? Motiveer al jou spanmaats om dadelik te begin skryf, foto’s neem of selfs te skilder!

Hoe neem ek deel?

Inskrywings kan op 3 maniere ingedien word:

Aanlyn by ekspo.fak.org.za

Per e-pos na [email protected]

Per hand by die FAK-kantoor

Sperdatum

Alle inskrywings moet teen 31 Julie 2018 ingehandig wees. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie.

Vanjaar se tema is ERFENIS.

Erfenis is al omskryf as “dit wat ons geërf het: die somtotaal van die natuurlewe en natuurskoon, plekke van wetenskaplike of geskiedkundige belang, nasionale monumente, historiese geboue, kunswerke, literatuur”.

Maar moet nie vergeet van ons musiekerfenis, ons koserfenis, ons taalerfenis en selfs ons erfenis ten opsigte van grafstene nie. Daardie lekker koeksisters …

Vir meer inligting of om in te skryf, klik hier. Let wel dat hierdie geleentheid slegs beskikbaar is vir Voortrekkerkommandos en dat hierdie inligtingstuk nie op die amptelike webtuiste van die Afrikaans-Ekspo beskibaar sal wees nie.

The post Wen R3000 vir jou kommando! appeared first on FAK.

Powered by WPeMatico