Tydlyn vir die Hugenote

Jack Hindon (1874-1919)
April 20, 2021
JP Toerien (1859-1930)
April 22, 2021

deur Andrew Kok

31 Oktober 1517 – Martin Luther sit sy 95 leerstellinge teen die deur van die Kasteelkerk in Wittenberg vas.

Herfs 1533 – Johannes Calvyn se bekering: “Deur ’n plotselinge bekering het God my siel tot gewilligheid onderwerp.”

1533 – Johannes Calvyn vlug uit Parys na sy hulp met die evangelies-klinkende rede van die Rektor.

1534 – Na die Affaire des Placards (Die “gebeure van die pamflette” teen die Rooms-Katolieke mis) vlug Calvyn uit Frankryk na Genève.

29 Januarie 1536 – Volgelinge van die nuwe Protestantisme is spoedig beskuldig van kettery en teenspraak teen die Katolieke regering. ’n Algemene Edik om die Hugenote uit te roei, word uitgevaardig.

1536 – Johannes Calvyn publiseer sy Institutio Christianae Religionis (Institusie van die Christelike Godsdiens).

1545 – Die Massacre of Merindol vind plaas toe Francis I opdrag gee dat afvallige Waldensiërs in Merindol gestraf moet word.

1555 – Die eerste Hugenote gemeente word in ’n huis in Parys gestig en die leringe van Johannes Calvyn word aangehang.

25 Mei 1559 – Die eerste sinode van die Franse Gereformeerde Kerke word in Parys gehou.

28 Januarie 1561 – Die Edik van Orléans word uitgevaardig wat die vervolging van die Hugenote moes stop.

17 Januarie 1562 – Die Edik van Sint-Germain is uitgevaardig en dit sou die geloofsvryheid van die Hugenote waarborg.

1 Maart 1562 – Talle Hugenote word by Vassy (Wassy-sur-Blaise in Champagne) aangeval en doodgemaak en dit is die begin van die Godsdiensoorloë.

19 Maart 1563 – Die Vrede van Ambois beëindig die eerste godsdiensoorlog.

September 1567 – Die Tweede godsdiensoorlog begin.

Maat 1568 – Die Tweede godsdiensoorlog word beëindig met die Vrede van Longjumeau.

Somer 1468 – Die Derde godsdiensoorlog begin.

8 Augustus 1570 – Die Vrede van St Germain-en-Laye word onderteken waar De Coligny dit regkry dat in twee stede per provinsie vrye godsdiensoefeninge verkry word, benewens die reg om ’n aantal veiligheidstede te versterk

23/4 Augustus 1572 – St. Bartholomeusnag waartydens duisende Hugenote uitgewis is.

6 Julie 1573 – Die Vierde godsdiensoorlog eindig met die Vrede van La Rochelle en die Edik van Boulogne.

23 Februarie 1574 – Die Vyfde godsdiensoorlog begin.

Mei 1576 – Die Vyfde godsdiensoorlog word beëindig met die Edik van Beaulieu en die Vrede van Monsieur.

Desember 1576 – Die Sesde godsdiensoorlog begin.

September 1577 – Die Sesde godsdiensoorlog word beëindig met die Verdrag van Bergerac en die Edik van Poitiers.

November 1579 – Die Sewende godsdiensoorlog begin.

November 1580 – Die sewende godsdiensoorlog eindig met die Verdrag van Fleix.

31 Desember 1584 – Ondertekening van die Verdrag van Joinville.

1585 – Die Agtste godsdiensoorlog (Die Oorlog van die drie Henri’s) begin.

April 1598 – Die Agste godsdiensoorlog word beëindig met die Vrede van Vervins.

13 April 1598 – Ondertekening van die Edik van Nantes wat aan die Hugenote geloofsvryheid en gelyke regte met die Katolieke gegee het.

1621-1622 – Die Negende godsdiensoorlog

1625-1629 – Die Tiende godsdiensoorlog

1629 – Die Genade-Edik van Nîmes word gesluit waar die vryhede van die Hugenote drasties ingekort is.

6 April 1652 – Maria de la Quellerie arriveer in die Kaap as eerste Hugenoot.

Oktober 1671 – Francois Villion arriveer in die Kaap as die eerste Hugenoot-vlugteling.

1685 – Jean le Long arriveer in die Kaap.

22 Oktober 1685 – Lodewyk XIV herroep die Edik van Nantes en verklaar Protestantisme onwettig met die Edik van Fontainebleau.

Junie/Julie 1686 – Francois en Guillaume du Toit arriveer in die Kaap aan boord van De Vrijheid.

31 Desember 1687 – Die Voorschoten vertrek uit Delftshaven, Zeeland.

6 Januarie 1688 – Die Borssenburg vertrek uit Texel.

3 Februarie 1688 – Die Oosterlandt vertrek vanaf Goree.

19 Februarie 1688 – Die Schelde seil na Tafelbaai.

20 Maart 1688 – Die Berg China vertrek vanaf Rotterdam.

13 April 1688 – Die Voorschoten arriveer in Saldanhabaai, die eerste skip met  Hugenote aan boord wat as deel van die amptelike kolonisasie na die Kaap gekom het. 

22 April 1688 – Die Zuid-Beveland seil na Tafelbaai.

25 April 1688 – Die Oosterlandt arriveer in Tafelbaai.

26 April 1688 – Die Voorschoten se passasiers arriveer aan boord van die Jupiter in Tafelbaai.

12 Mei 1688 – Die Borssenburg arriveer in Tafelbaai.

5 Junie 1688 – Die Schelde arriveer in Tafelbaai.

27 Julie 1688 – Die Wapen van Alkmaar vertrek vanaf Texel.

4 Augustus 1688 – Die Berg China arriveer in Tafelbaai.

19 Augustus 1688 – Die Zuid-Beveland arriveer in Tafelbaai.

9 Januarie 1689 – Die Zion seil na Tafelbaai.

27 Januarie 1689 – Die Wapen van Alkmaar arriveer in Tafelbaai.

6 Mei 1689 – Die Zion arriveer in Tafelbaai.

25 Mei 1689 – Die Drie Bergen seil na Tafelbaai.

April 1696 – Die Vosmaer vertrek uit Holland.

Oktober 1696 – Die Vosmaer arriveer in Tafelbaai.

16 Junie 1699 – Die Westhoven arriveer in Tafelbaai.

20 Julie 1699 – Die Donkervliet arriveer in Tafelbaai.

2 Mei 1700 – Die Reigersdaal vertrek vanaf Goree.

22 Augustus 1700 – Die Reigersdaal arriveer in Tafelbaai.

1710 –Pierre Labuschagne kom na Suid-Afrika op die Verburg.

1717 – Anna Maria Bacat kom na Suid-Afrika.

1718 – Jacques Naude kom na Suid-Afrika op die Abbekerk.

1723 – Jean Blignaut kom na Suid-Afrika op die Huis ten Assenburg.

1726 – Francois Guilliaume kom na Suid-Afrika op die Berbice.

28 November 1787 – Die Edik van Verdraagsaamheid/Edik van Versailles is uitgevaardig wat die regte van die Hugenote gedeeltelik herstel het.

14 Julie 1789 – Bestorming van die Bastille – dit hang saam met die Franse Revolusie en hou nie verband met die vlug van die Hugenote nie.

1874 – Die Hugenote Seminarie (latere Hugenote Kollege) word op Wellington gestig.

1 Februarie 1882 – Die Gedenkschool der Hugenoten word in Dal Josafat geopen.

1940 – Die Hoërskool Hugenote te Springs word geopen.

17 April 1948 – Inwyding van die Hugenote-monument te Franschhoek. Die besluit om die monument op Franschhoek te bou, het gepaard gegaan met ’n kompromis tussen die drie aansprakers vir die monument, nl. Paarl, Stellenbosch en Franschhoek.  Paarl en Stellenbosch het elk hul eie “gedenkteken” gekry: die Taalmuseum in die Paarl en die fries bo die ingang van die Stellenbosch Stadsaal om die koms van die Hugenote te herdenk.

12 Maart 1953 – Die Hugenote Vereniging van Suid-Afrika word gestig.

1954 – Stigting van die Hugenote Hoërskool en die Hugenote Laerskool te Wellington.

11 Maart 1967 – Die Hugenote Gedenkmuseum word op Franschhoek ingewy deur Staatspresident CR Swart.

1987 – ’n Hugenote-gedenkteken word in die Johannesburg Botaniese Tuin in die voorstad Emmarentia opgerig.

18 Maart 1988 – Die Hugenote-tonnel in die Du Toitskloofberge word

 

Besoek gerus die Hugenote-Vereniging se webwerf vir verdere interessante inligting.