Fak_logo1Fak_logo1Fak_logo1Fak_logo1
  • Tuis
  • Afrikanergeskiedenis
    • FAK-Fotoversameling
    • Tydvakke
    • Kultuurorganisasies
    • Klankargief
    • Afrikanergeskiedenis algemeen
    • Geskiedenisdagboek
    • Afrikaanse Kultuuralmanak
    • Kultuurkroniek
  • Word ‘n vriend
  • Besoek die FAK
  • Soek ons
  •           
✕

Tobie Cronjé

  • Tuis
  • Biografiese priofiele
  • Tobie Cronjé
Lizz Meiring
January 27, 2017
Ben Bouwer (1875-1938)
January 27, 2017

Tobie is een van Suid-Afrika se blinkste Afrikaanse sterre. Hy het drama aan die Universiteit van Pretoria studeer, maar daarna vir ’n motorversekeringsmaatskappy gewerk en musieklesse gegee. Hy maak sy akteursdebuut in 1974 met die rolprent Die Sersant en die Tiger Moth. Deur die dekades heen het hy elke denkbare rol vertolk: van klassieke rolle, tot Shakespeare, komedie, klug, pantomime en drama. Hy het in 1976 ’n huishoudelike naam geword met die uiters suksesvolle televisiereeks Willem, wat deur Manie van Rensburg vervaardig is.

Sy loopbaan het hom op die verhoog, rolprentteater en televisie uitgespeel en hy het al talle toekennings ontvang. Tobie speel klavier en het groot sukses behaal met Two Pianos, Four Hands. Deesdae is hy nie net akteur nie, maar ook regisseur en vervaardiger van toneelstukke en televisiereekse, met Sien jy nou en Onder draai die duiwel rond op hierdie kerfstok.

Tobie het al in 17 rolprente gespeel, waaronder Spook van Uniondale, Promised Land, Inside Out, Plekkie in die Son en Herfsland. TV-reekse waarin hy verskyn het sluit in Binneland, Egoli: Plek van Goud, Onder draai die duiwel rond, Koöperasiestories en Amalia.

Op die verhoog het hy in etlike toneelstukke gespeel, soos Peter Pan, My boetie se sussie se ou en When the Cat’s Away.

Share
2

Related posts

August 20, 2018

Siegfried Mynhardt (1906-1996)


Lees meer
August 16, 2018

Simon van der Stel (1639-1712)


Lees meer
August 16, 2018

Jan van Riebeeck (1618 – 18 Januarie 1677


Lees meer

Navigasie

  • Tuis
  • Afrikanergeskiedenis algemeen
  • Tydvakke
    • Pioniers (1652–1820)
    • Groot Trek (1820–1845)
    • Presidente (1845–1902)
    • Generaals (1902–1948)
    • Nasionaliste (1948–1976)
    • Militariste (1976–1994)
    • Afrikaners na 1994
  • Geskiedenisdagboek
  • FAK-Fotoversameling
  • Suider-Afrika Geskiedenis
  • Afrikanerkultuur
  • Kultuurorganisasies
logo
Word 'n vriend

Kontak Ons

Moerdijkhuis,
Voortrekkermonumentterrein Eeufeesweg,
Pretoria

012 301 1777
fak@fak.org.za

1m

© 2021 FAK. Kopiereg voorbehou