Fak_logo1Fak_logo1Fak_logo1Fak_logo1
  • Tuis
  • Afrikanergeskiedenis
    • FAK-Fotoversameling
    • Tydvakke
    • Kultuurorganisasies
    • Klankargief
    • Afrikanergeskiedenis algemeen
    • Geskiedenisdagboek
    • Afrikaanse Kultuuralmanak
    • Kultuurkroniek
  • Word ‘n vriend
  • Besoek die FAK
  • Soek ons
  •           
✕

Sout manne sout

  • Tuis
  • Fak Feed
  • Sout manne sout
Klink ‘n glasie op ondernemingsgees
February 7, 2022
FAK en gemeenskap klaar water op by Heilbron-konsentrasiekampkerkhof
February 8, 2022

Dit was ’n lieflike sonskyndag met ligte, westelike winde wat af en toe gewaai het toe 26 VOC-amptenare saam met vier gewapende wagte – want die omgewing was nog ongerep en wilde diere volop – vroegoggend op 3 Februarie 1653 die pad aangedurf het na ’n soutpan wat die vorige dag ontdek is.

In opdrag van kommandeur Jan van Riebeeck moes hulle gaan sout skraap. Dit was reeds skemeraand toe hulle terugkeer na die fort met ’n goeie vrag spierwit sout. Gedurende die nag het die Suidooster weer met hernude krag begin waai.

Die FAK het op 3 Februarie vanjaar heerlik gekuier by die personeelspanne van Laerskool en Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad om hierdie soutstorie te deel en dankie te sê.

Elizma Smith, projekorganiseerder van FAK-Kultuurnetwerke in die Kaap, sê: “’n Fles growwe sout, ’n houtbak en houtlepel was voldoende aanmoediging vir kreatiewe onderwysers om mooi foto’s te maak. Dankie vir die heerlik saamspeel met hierdie opdrag. Ons het lekker saamgelag. Die mans op die personeelspan het braaisout ontvang en die dames badsout.”

“Die FAK sê baie dankie vir al die sakke sout wat die personeelspanne saam opeet in belang van ons jeug. Dankie vir elke knippie sout wat jy met omgee byvoeg om ’n kind se lewe te verryk en hom te leer. Julle verdien julle sout.”

The post Sout manne sout appeared first on FAK.

Powered by WPeMatico

Share
0

Related posts

May 22, 2022

Die lewe moes verskriklik tydens die Dorslandtrek gewees het


Lees meer
May 22, 2022

Hierdie heruitgawe is ’n keur van die gewildste humoristiese kortverhale


Lees meer
May 22, 2022

’n Onneersitbare tonekrullekker storie


Lees meer

Navigasie

  • Tuis
  • Afrikanergeskiedenis algemeen
  • Tydvakke
    • Pioniers (1652–1820)
    • Groot Trek (1820–1845)
    • Presidente (1845–1902)
    • Generaals (1902–1948)
    • Nasionaliste (1948–1976)
    • Militariste (1976–1994)
    • Afrikaners na 1994
  • Geskiedenisdagboek
  • FAK-Fotoversameling
  • Suider-Afrika Geskiedenis
  • Afrikanerkultuur
  • Kultuurorganisasies
logo
Word 'n vriend

Kontak Ons

Moerdijkhuis,
Voortrekkermonumentterrein Eeufeesweg,
Pretoria

012 301 1777
fak@fak.org.za

1m

© 2021 FAK. Kopiereg voorbehou