Fak_logo1Fak_logo1Fak_logo1Fak_logo1
  • Tuis
  • Afrikanergeskiedenis
    • FAK-Fotoversameling
    • Tydvakke
    • Kultuurorganisasies
    • Klankargief
    • Afrikanergeskiedenis algemeen
    • Geskiedenisdagboek
    • Afrikaanse Kultuuralmanak
    • Kultuurkroniek
  • Word ‘n vriend
  • Besoek die FAK
  • Soek ons
  •           
✕

Penkoppe van ’n halfeeu gelede

  • Tuis
  • Presidente Artikels
  • Penkoppe van ’n halfeeu gelede
Enkele grappige insidente waarin die penkoppe betrokke was tydens die driejarige oorlog
March 23, 2017
Die SIag van Rooiwal
March 23, 2017

(geskryf deur SJ Esterhuizen, Roodepoort, soos verskyn in Junior Historia)

Ek wil aan julle iets vertel van die oudstryders. Daar is verskillende groepe oudstryders in ons Iand, maar ek wil net iets meedeel van een besondere groep. ’n Oudstryder is ’n persoon wat aan ’n oorlog deelgeneem het. Die groep waarvan ek hier praat, is die oudstryders van die Driejarige Oorlog.

Julle hoor bykans elke dag van die of daardie oudstryder wat oorlede is. Miskien was daar nog van julle oupas wat ook oudstryders was. Nouja, die wat vandag nog lewe, was toe nog maar jong seuns, seuns van vyftien, sestien of sewentien jaar. By elke kommando was daar ’n tiental of meer van die penkoppe. Vir drie jaar lank moes hulle ook help om hul land te verdedig.

Die jong seuns moes ook al die ontbering en swaarkry deurmaak. Hul woning was die veld. Meestal moes hulle in die veld onder die blote hemel slaap. Koue en reën moes hulle trotseer. Dag vir dag moes hulle op die perd se rug deurbring, met die geweer in die hand.

Klere en kos was skaars.

Dit was ’n lewe van veg en vlug, van aanval en uitjaag, van natreën, ontbering, honger en dors. So kan ek vir julle baie staaltjies vertel wat my vader, wat toe ’n seun van 15 jaar oud was toe die oorlog uitgebreek het, aan my vertel het. Ek gaan hier net een daarvan vertel.

’n Groepie burgers moes ’n strooptog na Madebe, ’n plekkie naby Mafeking, onderneem om te probeer om perde en slagvee vir die kommando in die hande te kry. Dit was ’n 24 Desember. Die Britse magte het van die strooptog te hore gekom, en met ’n oormag troepe probeer om die klein klompie te oorval, maar hulle vlug in ’n digte bos langs die Moloporivier in, en ontkom die agtervolging. Dit is droë dorre wêreld daardie. Die volgende oggend het hulle verder getrek, sonder dat hulle iets te ete gehad het. Hulle was dors en honger, maar al wat hulle by hulle gehad het, was ’n bietjie mieliemeel. Toe kom hulle op ’n pannetjie af – ’n klein pannetjie met net ’n bietjie modderwater daarin, en waarin die wild kort tevore baie spore getrap het. Ook het goggatjies en muggies lustig daaroor en daarin krioel. Ewenwel, dit was water! Dié het hulle toe deur ’n doek gegooi, in ’n blik gekook, die bietjie mieliemeel daarin geroer, en dit sonder sout geëet. So het hulle Kersfees in die veld begin.

Laat die agtermiddag, net asof dit ’n bestiering van die Here was, draf daar drie hartbeeste voor hulle tussen die bosse deur. ’n Hartbees is ’n soort wildsbok wat vroeër baie volop was, en wat lekker vleis het. Die groepie trek ook sommer los op die diere, en daar val aldrie. Gou-gou het elke burger vir hom ’n stuk vleis uitgesny, van die vaalbostakke aan die brand gekry, die vleis so effe geskroei en dit so soutloos geëet. Tog was dit vir hulle ’n feestelike maal op dié Kersdag.

Ja, liewe kinders, ons wat elke dag genoeg kan eet, in ’n sagte bed kan slaap, weet nie wat daardie manne moes deurmaak nie.

As julle ’n ou oom op die straat of elders raakloop, miskien armoedig aangetrek, krom en geboë van ouderdom, groet hom beleefd, want julle weet nie of hy ook een van die manne was wat as jong seun aan die Driejarige Oorlog van 1899-1902 deelgeneem het nie.

Share
0

Related posts

November 30, 2021

Vroue van ons leiers 2: Nonnie de la Rey – vir haar vyande ’n vriendin


Lees meer
November 30, 2021

Vroue van ons leiers 1: Tant Siena – almal se tante


Lees meer
February 16, 2021

Die Boere-aanval op Majuba – Deel 20: Slot


Lees meer

Navigasie

  • Tuis
  • Afrikanergeskiedenis algemeen
  • Tydvakke
    • Pioniers (1652–1820)
    • Groot Trek (1820–1845)
    • Presidente (1845–1902)
    • Generaals (1902–1948)
    • Nasionaliste (1948–1976)
    • Militariste (1976–1994)
    • Afrikaners na 1994
  • Geskiedenisdagboek
  • FAK-Fotoversameling
  • Suider-Afrika Geskiedenis
  • Afrikanerkultuur
  • Kultuurorganisasies
logo
Word 'n vriend

Kontak Ons

Moerdijkhuis,
Voortrekkermonumentterrein Eeufeesweg,
Pretoria

012 301 1777
fak@fak.org.za

1m

© 2021 FAK. Kopiereg voorbehou