Ouboet word dominee

Madelein Rust: Sy lewe deur haar boeke
Februarie 13, 2019
’n Monument van ’n pa se hartseer
Februarie 13, 2019

Deur Christa Steyn

Regisseur:
Sallas de Jager

Rolverdeling: Frank Opperman, Henriëtta Gryffenberg, Thapelo Mokoena,
Regardt van den Bergh, Deon Lotz, Paul Eilers, Carel Nel, Annette Engelbrecht,
Izel Bezuidenhout, Luan Jacobs

Produksiemaatskappy:
Bosbok Ses Films

Genre:
Drama

Duur: 97
min

Ouderdomsbeperking:
10-12 (Ouertoesig word aanbeveel)

Plaaslike
rolprentgehore kan hulleself solank gereedmaak, want op 25 Januarie word die
eerste Afrikaanse fliek vir 2019 bekendgestel. Dominee Tienie, gegrond op die toneelstuk Die Klaagliedere van ds. Tienie Benade deur Dana Snyman, vertel die
verhaal van ’n dominee (Frank Opperman) wat na 16 jaar as predikant van die
Moedergemeente talle uitdagings in die gesig staar. Die film bevraagteken onder
andere bywoningsgetalle van lede in die gemeente, sowel as die plek van ’n
dominee in die moderne samelewing. In ’n poging om tred te hou met talle
veranderings en terselfdertyd sy regmatige plek as predikant vol te staan, word
daar ’n wig tussen Tienie Benade en sy gesin ingedryf. Na ’n insident met ’n
sterwende boemelaar bevind Tienie homself dan by ’n kruispad waar hy
noodgedwonge ’n paar ernstige besluite moet neem.

Sallas de
Jager, regisseur, draaiboekskrywer en
vervaardiger van die film, meen dis juis die penarie van ds. Tienie wat hom
aangetrek het om die fliek te maak: “Die idee van ’n Afrikaanse dominee wat
besef hy weet nie meer wie hy is nie en waar hy inpas in die moderne samelewing
nie, het my onmiddellik aangegryp.” In dieselfde asem vertel De Jager dat elke
lid van die produksiespan met ewe veel passie en ywer aan die film gewerk het:
“Ek hoop mense gaan kyk hierdie rolprent met ’n oop gemoed en sal weet terwyl
hulle dit kyk dat elke persoon wat ’n kreatiewe bydrae tot die film gemaak het
sy/haar hart en siel in hierdie storie gestort het.”

Dominee
Tienie het in Augustus 2018 sy debuut by die kykNET Silwerskermfees gemaak.
Sedertdien is die fliek ook vir ’n Gold Bison-toekenning vir die beste
verhalende rolprent by die Buffalo International Film Festival (BIFF), wat in
New York plaasvind, genomineer.

Lokprent:
https://www.youtube.com/watch?v=Gs1w7KE8X4k

The post Ouboet word dominee appeared first on FAK.

Powered by WPeMatico