Ondersteun die FAK Geskiedenisfonds

Eerste Afrikaanse gedigte
April 25, 2016
21 JULIE
July 21, 2016

Die FAK het pas ’n projek vrygestel met die naam “’n Beeldjie in elke huis”. Tydens hierdie projek vervaardig ons replika standbeeldjies van bestaande standbeelde.

In die lig van ons monumente, simbole en standbeelde wat afgebreek en gevandaliseer word, wil die FAK aan Afrikaners die geleentheid bied om ons helde sommer in ons huise te vereer. Ons kan nie met sekerheid sê vir hoe lank daar nog enigsins Afrikaner-monumente gaan oor wees nie. Niemand kan ons egter keer om replika-standbeeldjies te versamel nie.

Ons wil ook d.m.v. hierdie projek geld insamel vir die FAK se Geskiedenisfonds. Die FAK Geskiedenisfonds is deur die FAK op die been gebring met die uitsluitlike doel om Afrikanergeskiedenis-projekte te ondersteun. Die FAK het ’n groot fokus op veral geskiedenis in skole en ontwikkel o.a. hulpmiddels om onderwysers in die klaskamer te help om geskiedenis aan te bied.

Navorsing wat die FAK verlede jaar onderneem het, het bevind hoe swak en dikwels onwaar die geskiedenis is wat in skoolhandboeke opgeneem is.

Ons moedig dus elke Afrikaner aan om die FAK se Geskiedenisfonds te ondersteun, en sodoende ’n beeldjie te ontvang.

Die beeldjies word gegiet in “casting resin” en is sowat 28 cm hoog.

U het twee keuses om ’n beeldjie te bekom:

Opsie 1

U kan ’n eenmalige skenking van R500 aan die FAK Geskiedenisfonds maak en ’n beeldjie gratis ontvang.

Opsie 2

U kan aansluit as goue vriend van die FAK en die geskiedenisfonds op ’n langtermynbasis ondersteun. Goue vriendskap van die FAK kos R200 p.m. of R2000 per jaar.

Sou u besluit om aan te sluit as goue vriend van die FAK, gaan u meer as net die FAK se geskiedenisfonds ondersteun en ’n beeldjie eenmalig ontvang. U gaan ook deurlopend al die FAK se produkte gratis in die pos ontvang. Dit sluit in boeke, DVD’s, CD’s ens. U sal ook uitgenooi word na al die FAK se funksies en konferensies.

Nou is die tyd om saam te staan en ons Afrikanergeskiedenis in beskerming te neem!