Fak_logo1Fak_logo1Fak_logo1Fak_logo1
  • Tuis
  • Afrikanergeskiedenis
    • FAK-Fotoversameling
    • Tydvakke
    • Kultuurorganisasies
    • Klankargief
    • Afrikanergeskiedenis algemeen
    • Geskiedenisdagboek
    • Afrikaanse Kultuuralmanak
    • Kultuurkroniek
  • Word ‘n vriend
  • Besoek die FAK
  • Soek ons
  •           
✕

Olive Schreiner (1855-1920)

  • Tuis
  • Biografiese priofiele
  • Olive Schreiner (1855-1920)
Jan van Riebeeck en die VOC
March 16, 2017
Just Friedrich Rudolph Kaufmann Höhne
March 16, 2017

Olive Schreiner is op 24 Maart 1855 op die sendingstasie, Wittebergen, in die Oos-Kaap gebore en is op 11 Desember 1920 oorlede. As kind het sy ’n onversadigbare leeslus en verslind werke van Goethe, Darwin, Herbert Spencer en Ruskin. Sy lees ook baie mediese werke en wou baie graag dokter word. Sy bring die grootste deel van haar jongmenslewe in die Karoo en later in Kimberley deur.

Sy word goewernante by verskeie Kaapse gesinne en op ’n hele aantal Karooplase. Dit is hoe haar bekendste werk, The story of an African farm, gebore word. In 1881 is sy na Engeland waar sy ’n uitgewer vir hierdie werk kry. Sy trou met Samuel Cronwright, wat uit simpatie met haar en haar stryd vir vroue sy naam verander Cronwright-Schreiner. Hulle enigste kind, ’n dogtertjie, is die dag na haar geboorte oorlede. Olive het nooit heeltemal hiervan herstel nie.

Sy swerf baie ronde en bly in verskeie Europese stede, maar keer terug na Suid-Afrika waar sy baie rondbeweeg. Olive Schreiner wy haar energie en skryftalent aan talle politieke kwessies, soos die spanning tussen Brittanje en die Boererepublieke. Sy staan Rhodes se bedrywighede en imperialisme heelhartig teen en rig waarskuwings aan Brittanje teen die oorlog.

Met dié saak uiteindelik verlore, wy sy haar aan anti-Semitisme, die uitbreiding van politieke regte aan alle rasse en nogmaals vroueregte. Sy word deur sommige beskou as die eerste persoon wat die Afrikaanse en Engelse deel van die volkslewe in Suid-Afrika ewe lief gehad het.

 

Bron: Vriende van Afrikaans. 2009. Dae uit ons geskiedenis. Stellenbosch: Griffel Media, pp. 84.

 

 

Share
0

Related posts

August 20, 2018

Siegfried Mynhardt (1906-1996)


Lees meer
August 16, 2018

Simon van der Stel (1639-1712)


Lees meer
August 16, 2018

Jan van Riebeeck (1618 – 18 Januarie 1677


Lees meer

Navigasie

  • Tuis
  • Afrikanergeskiedenis algemeen
  • Tydvakke
    • Pioniers (1652–1820)
    • Groot Trek (1820–1845)
    • Presidente (1845–1902)
    • Generaals (1902–1948)
    • Nasionaliste (1948–1976)
    • Militariste (1976–1994)
    • Afrikaners na 1994
  • Geskiedenisdagboek
  • FAK-Fotoversameling
  • Suider-Afrika Geskiedenis
  • Afrikanerkultuur
  • Kultuurorganisasies
logo
Word 'n vriend

Kontak Ons

Moerdijkhuis,
Voortrekkermonumentterrein Eeufeesweg,
Pretoria

012 301 1777
fak@fak.org.za

1m

© 2021 FAK. Kopiereg voorbehou