In die 1950′s het die gety vinnig teen Europese besetting van gebiede in Afrika en Asië gedraai. Blanke Suid-Afrikaners, veral Engelse, het veilig gevoel in die “wete” dat die magtige Britse Ryk hulle nooit in die steek sou laat nie. Die Britse premier, Harold Macmillan, het in 1960 ’n toer na al sy kolonies in Afrika gebring en dit in Suid-Afrika afgesluit. Hier het hy die beroemde “Winds of Change”-toespraak gehou, waarin hy gewaarsku het dat Brittanje nie in die pad van Afrika se bevryding sou staan nie. Dit was ook ’waarskuwing aan Suid-Afrika om sy binnelandse beleid te wysig na gelyke regte in een stelsel. Dr Verwoerd se antwoord was dat Suid-Afrika se beleid in lyn met die “winde” was, nie in weerstand daarteen nie. Maar sy groot aanspraak was dat geregtigheid ook aan blankes in Afrika verskuldig was, nie net aan swartmense nie. Die vertaalde teks volg hieronder.
Dr-Verwoerd-se-antwoord-aan-Britse-premier-Macmillan

Baie Afrikaners het die herstel van ’n republiek nagestreef. Ander was die sentiment goedgesind, maar het dit as polities onwys en onnodig beskou. Engelse Suid-Afrikaners was bykans eenstemmig daarteen. As Eerste Minister het Verwoerd verwag dat Suid-Afrika toenemend geïsoleerd sou wees en onverdeelde Suid-Afrikaanse lojaliteit van alle kiesers nagestreef. Volgens hom was republiekwording ’n voorwaarde daarvoor. Hy het dus in 1960 ’n waagstuk aangegaan en ’n referendum aangekondig, kort na NP-kantore se verslag was dat ’n “Nee-stem” sou wen. Die republiek het naelskraaps gewen. Daarna het ’n doelgerigte nasiebouproses gevolg. Die republikeinse grondwet het so min moontlik veranderings gebring en Engelssprekendes is in die kabinet opgeneem. Vir byna 3 dekades sou blankes met toenemende eensgesindheid die land teen ’n vyandige buitewêreld en interne eise van swartmense verdedig. Eers teen die laat 1980′s sou dit krake begin toon. Die “Suid-Afrika projek” was so suksesvol, dat Afrikaners dit uiters moeilik vind om hulle identiteit los van die Suid-Afrikaanse staat te definieer.
Aanhef-tot-die-Grondwet-van-1961