Topsy Smith (Matthys Gerhardus) is in 1914 op Parys gebore. Hy het op Koppies en Pretoria skoolgegaan, en Afrikaans en Engels aan Stellenbosch studeer. Smith het veral bekendheid verwerf vir sy Afrikaanse jeugliteratuur, met reekse soos Trompie, Saartjie en Buksie. Die ongeveer 200 boeke wat hy geskryf het, het ’n belangrike bydrae tot die Afrikaanse letterkunde gelewer, en inspireer jongmense al vir dekades om te lees. Hy is in 1985 oorlede.