‘n Afrikaans-roos vir ‘n spesiale mylpaal

Antjie Krog vereer met gesogte Gouden Ganzenveer-prys
Mei 17, 2018
Tannie Poppie kook weer
Mei 18, 2018

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) het op 10 Mei tydens die viering van Binnelanders se 3000 episodes by Stark Studios in Randburg, Johannesburg, aan elke akteur in die daaglikse sepie op kykNET ’n Afrikaans-roos ter viering van die groot mylpaal persent gegee.

Ludwig Taschner, eienaar van Ludwig’s Roses in Pretoria, het in 2015 die roos spesiaal vir die FAK  ter viering van die 90ste bestaansjaar van Afrikaans gekweek.

Elsjé Stark, uitvoerende hoofvervaardiger, en Nadia Valvekens, wat die rol van suster Pippa Malherbe sedert die ontstaan van Binnelanders in 2005 speel, het dié helderkleurige oranje roosbome namens die ander akteurs in ontvangs geneem.

Hans Strydom, wat die rol van dr. At Koster in dié sepie vertolk, is saam met Valvekens die enigste ander akteur wat sedert Binnelanders se ontstaan daarin speel.

“Dis ongelooflik hoe vinnig 13 jaar verbygegaan het. Dié suksesverhaal is te danke aan die Starks, kykNET en die kykers,” het Strydom tydens die groot makietie gesê.

Sy jonger broer in die storie, Louis Koster, wat deur Germandt Geldenhuys vertolk word, het as seremoniemeester opgetree.

Stark het gesê sy voel trots en nederig oor dié groot mylpaal.

“Dis ’n absolute spanpoging. Dis só ’n groot voorreg wat ons as span saam bereik het. Dis glad nie maklik nie. Dis soos om ’n kind groot te maak. Binnelanders sal nooit lui of vervelig wees nie. “

Jak de Priester het ook die gewilde kenwysie van Binnelanders regstreeks gesing.

#Binnelanders3000 #Trots Afrikaans #Afrikaans-roos

Nadia Valvekens, wat sedert die ontstaan van Binnelanders in die sepie gespeel het, en Elsje Stark, uitvoerende  hoofvervaardiger van Binnelanders, elk met hulle eie Afrikaans-roos.

 

 

The post ‘n Afrikaans-roos vir ‘n spesiale mylpaal appeared first on FAK.

Powered by WPeMatico

Comments are closed.