My skool

 

Ek_gaan_oorsee_FAK_Kultuur_place_holder

Oorsprong van Afrikaans Internasionale Toer

As jou voete eers die geleentheid kry om in die wolke te hang, dan het die reisgogga jou gebyt. Daar is geen kans dat jy jouself sal kan keer om weer en weer te wil reis nie.

Die doel van die toer is om skoliere en studente bloot te stel aan die Afrikaanse wortels in die Lae Lande en die Westerse geskiedenis.

Teikenmark

Hierdie toer is spesifiek vir Graad 10-12 leerders en studente wat ’n liefde het vir die Afrikaner se geskiedenis. So is dit ook ’n ideale geleentheid om dieper te delf in die trotse geskiedenis van waarvandaan die Afrikaner kom.

Waarheen gaan ons?

Die Oorsprong van Afrikaans Internasionale Toer is ’n bekostigbare 12-dag-toer wat deur die FAK en Travel & Sport ontwikkel is vir skoliere en studente. Tien stede word besoek in Nederland, België, Switserland en Frankryk.

Die studente besoek onder andere museums, universiteite, die Jan van Riebeeck- en Anne Frank-huis, die kaas-, porselein- en sjokoladefabrieke, Beethoven se geboortehuis, die Suid-Afrikaanse Nasionale Gedenkteken, plekke van die Franse Rewolusie, Eiffeltoring en vele meer.

Die groep word vergesel van ’n professionele gids, etes word ingesluit en leerders reis in luukse toerbusse. Vir elke 10 leerders wat die toer meemaak, kan een onderwyser gratis gaan.

Tyd – 1-12 Oktober 2016 • Beraamde koste is R25 599 per persoon.

Onderhewig aan verandering.

 


pro_lekuouer

Bou weer op jou skool se trotse en interessante geskiedenis saam met die FAK. As jou skool ’n projek beplan wat die belangrike Afrikaner geskeidenis beskerm, sal dit vir die FAK ’n plesier wees om hande te vat en jou te help om die projek te bevorder. Die FAK sal graag ondersteuning bied met beplanning, organisering en publisiteit.

My klaskamer

My Klaskamer is spesifiek vir alle onderwysers wat met hulle hande in hulle hare sit oor die aanbieding van Geskiedenis in die klaskamer. Ons het vir jou die oplossing en bied die volgende hulpmiddels gratis aan.

Die Oom en tannie plakkaatreeks

Jou mure verdien ’n bietjie trots. Die FAK het ‘n plakkaatreeks getiteld oom en tannie wat jou leerders weer lus sal maak om oor die Afrikanergeskiedenis te leer. Die plakkate is gratis beskikbaar vir alle geskiedenisonderwysers.

Wisseltrofee

Daar is maar altyd daai een uitblinker. Hy ken sy geskiedenisfeite op die punte van sy vingers en sy grootste kompetisie is sy niggie wat elke aand twee geskiedesnisboeke lees. Die FAK bied gratis wisseltrofees en boekpryse aan skole wat aansoek doen.

Wisseltrofee

Ons verstaan dat onderwysers se programme oorlaai is en dat daar nie altyd nog tyd is om ‘n werkswinkel by te woon nie, maar die FAK bied geskiedeniswerkswinkels aan wat inlyn is met die kurrikulum. Tydens die werkswinkels ontvang jy gratis hulpmiddels soos lesplanne, plakkate publikasies ens. Dus spaar ons jou tyd sodat jy rustig kan sit en ontspan. Hou ons bladsy dop vir ‘n werkswinkel in jou omgewing of maak met ons kontak om so ‘n werkswinkel aan te bied.