My Geskiedenis

dagboek_plekhouer

 

FAK_nuus_icon

Bly op hoogte met jou nuutste geskiedenisnuus.

Kliek hier om die dagboek te lees.


 

fed_plekhouer

 

[logo-slider]

 


 

aitsa_plekhouer

Ons het almal daardie een onderwyser wat ’n verskil gemaak het in ons skoolloopbaan. Onthou jy nog hoe jou Graad 1-juffrou jou op jou eerste dag gerus gestel het? Of hoe jou Wetenskap-meneer vir jou ’n nuwe wêreld oopgemaak het met kennis? Of hoe jou kunsjuffrou jou toegelaat het om te droom?

Die FAK se Projek Aitsa! bied vir jou die geleentheid om erkenning te gee aan dié onderwyser wat vir jou ’n rolmodel is. Laat weet ons hoekom jou onderwyser die beste in haar/sy veld is en maak ’n plan om haar/hom te vereer. Skryf hier in.

 


 

beeldjie_plekhouer

Die FAK loods in 2016 ’n reeks geskiedenisprojekte gefokus op die beskerming en bewaring van Afrikanergeskiedenis. Ter ondersteuning van die FAK se geskiedenisprojekte het die FAK ’n geskiedenisfonds gestig, en hiermee nooi ons graag elke Afrikaner uit om die FAK se geskiedenisfonds te ondersteun.

As deel van die FAK se geskiedenisprojekte het die FAK pas sy Afrikanerbeeldjie in elke huis-projek bekendgestel. Al word ons standbeelde verwyder of verwoes, kan niemand ons keer om standbeelde van ons helde in ons huise te versamel nie. Replika beeldjies van NJ van der Merwe en Sarel Cilliers is reeds beskikbaar.

Beeldjies van President Steyn en Totius word tans ontwikkel. Elke Afrikanergesin het nou die geleentheid om die standbeelde van ons helde in ons huise te hê.

Elkeen wat die FAK se geskiedenisfonds met ’n donasie van meer as R500 ondersteun, ontvang ’n beeldjie van sy keuse, gratis. Elkeen wat aansluit as Goue Vriend van die FAK en die FAK se geskiedenisfonds teen R200 of meer per maand ondersteun, ontvang ook ’n beeldjie van sy/haar keuse, gratis. Beeldjies is beskikbaar in beide ’n silwer en ’n brons afwerking.

 


 

app_plekhouer

Verbeel jou dat jy in ’n virtuele klaskamer sit. Dit is net jy, jou slimfoon en ’n app vol inligting wat vir jou nuwe kennis gaan gee. Van boererate tot Tannie San se melktertresep. En dan kan jy ook nog ’n geskiedenisles of twee inwerk. Die Afrikaanse Kultuur App en Afrikaanse Geskiedenis App is beide gratis beskikbaar op Google play en iStore.

Die Afrikanergeskiedenis App bied vir jou geskiedenistrots op jou slimfoon. Hierdie toepassing gee jou toegang tot daaglikse geskiedenisfeite, simbole, Afrikaner helde en nog vele meer.

Binnekort beskikbaar – Hou die spasie dop!