Mostert se Meul, Mowbray

Westoe, Mowbray (Geen toegang)
December 13, 2017
Welgelegenhek, Mowbray
December 13, 2017

By “’t Ronde Doornbosjen”, die huidige Rondebosch, aan die bergkant van die ou wapad na die bos, het Van Riebeeck in 1657 aan nog ’n paar vryburgers onder leiding van Steven Jansz Botma grond gegee. Aan die bo-end van een van hierdie ou plase, Welgelegen, teenaan die huidige De-Waalpad, is een van die bekendste historiese bakens geleë – Mostert se meul.

Aanvanklik moes Jan van Riebeeck en sy amptena in alle dienste voorsien insluitende die maal van korin Om rede is ‘n sogenaamde perdemeul opgeri Met die instelling van die vryburgers het een van hul Wouter Cornelisz van Utrecht, „vry meulenaar en steenbacker” geword en hy is toegelaat om die Kompan se perdemeul onder sekere voorwaardes te oper By gebrck aan perde is die meul deur osse getrek, in 1659 het die Hottentotte al die osse gesteel en het meulenaar met behulp van die Kaapse owerheid watermeul opgerig.

In die daaropvolgende eeu is daar sprake van verskeie meule. O.a. het die Kompanjie in 1717 ’n windkoringmeul en die Burgerrade van Kaapstad in 1780-1782 hul eie meul opgerig. Daar was ook private meule waarvan die reeds genoemde Mostert se meul die beste bekend is.

Die plaas Welgelegen, waarop Mostert se meul staan, het oorspronklik aan die reeds vermelde Steven Botma behoort. Daarna het dit dikwels van eienaar verwissel en tydens die bewind van Willem Adriaan van der Stel in die besit van een van sy grootste teenstanders, Jacobus van der Heyden, gekom. In 1756 word dit die eiendom van Jacob van Reenen wie se ondernemende seun Dirk Gysbert teen die einde van die eeu die plaas erf. Vanweë die jaartal 1796 op een van die balke, word algemeen aangeneem dat Dirk Gysbert van Reenen hierdie meul gebou het. Sy dogter is egter getroud met ’n Mostert, ’n agter-kleinseun van die eerste Kaapse meulenaar wat later die eienaar van die meul geword het. Vandaar dan die naam Mostert se Meul.

Die meul is ’n sogenaamde klein boven-kruier-koringmeul. Dit is in 1936 deur die S.A. regering gerestoureer in samewerking met die Nederlandse regering wat die wieke geskenk het. Ook die aangrensende trapvloer is herstel en albei is tot historiese monumente verklaar.

(Geproklameer 1940)

 

Ray Ryan • Mostert se meul en trapvloer Bron: Oberholster, J.J. 1972. Die Historiese Monumente van Suid-Afrika. Kaapstad: Die Kultuurstigting Rembrandt van Rijn, p. 42.

 

Bron: Oberholster, J.J. 1972. Die Historiese Monumente van Suid-Afrika. Kaapstad: Die Kultuurstigting Rembrandt van Rijn, pp. 42-43.