Verna Vels (1933-2014) was ’n Afrikaanse skryfster, radio-omroeper en storieverteller. Sy het Afrikaans, Engels en Kunsgeskiedenis aan die Universiteit van Pretoria studeer, waarna sy in 1954 by die SAUK werk. Sy sou die res van haar lewe aan die Afrikaanse radio- en televisiewese wy. Vels is met talle pryse vereer vir haar jeugliteratuur, die bekendste sekerlik haar boeke oor Liewe Heksie, wat later in ’n televisiereeks omskep is.