Riaan Cruywagen (gebore 1945) is alombekend as televisienuusleser en stemkunstenaar. Cruywagen is sinoniem met die Afrikaanse televisienuus, en was reeds in 1975 by die SAUK se eerste uitsendings betrokke. Voorts was hy die stem van Haas Das en Liewe Heksie se Koning Rosekrans. Oor sy loopbaan het hy meer as 7 000 televisie-aanbiedinge gedoen.