Hennie Aucamp (1934-2014) was ’n Afrikaanse digter, skrywer en dramaturg. Hy het Afrikaans, Engels, Letterkunde en Drama op Stellenbosch studeer. Aucamp was veral bekend vir sy kortverhale, en is in sy leeftyd met die W.A. Hofmeyr-, Fleur du Cap-, en Hertzogprys bekroon. Hy word deur baie beskou as “die vader van die Suid-Afrikaanse letterkundige kabaret”.