Al Debbo (1924–2011), die seun van Libanese immigrante, het bekendheid verwerf as Afrikaanse akteur, komediant en sanger. Tussen 1948 en 2004 het hy in twintig rolprente gespeel, en ’n aantal musiekalbums uitgereik. In 1999 ontvang hy ’n toekenning van die ATKV vir sy bydrae tot Afrikaanse vermaak, in 2005 ’n SAMA-toekenning vir lewenslange bydrae, en in 2009 ’n eeufeesmedalje by die SA Akademie vir sy jarelange toewyding as kunstenaar.