31 AUGUSTUS
August 31, 2015
Dingaan wil die Trekkers uitdelg
August 31, 2015

soos verskyn in Historia Junior, Mei 1958

Dit is in die hartjie van die somer. Hier aan Kurumanrivier aan die kant van die Kalahari is dit droog en onhoubaar warm. Die westewind waai droewig deur die kameeldoringbome waar ’n klompie skape skuiling soek teen die hitte van die son. Klein Mary Moffat, die dogtertjie van eerwaarde en mevrou Moffat, kom uit die grasdakhuisie om te kyk wat haar pappie doen. Hy is sendeling hier by Kuruman onder die Betsjoeanas. Vandag is eerwaarde Robert Moffat besig om aan die voor te werk wat hy daar ver, twee myl van sy huis af, by die fontein begin grawe het. Haar mammie is besig om vet uit te braai om vetkerse vir die huis te maak. Van die vet kook sy ook seep. Môre is dit Sondag en dan word ses van die Betsjoeanas in die kerkie gedoop.

Hulle is die eerste naturelle hier in die verre weste wat die Christelike geloof aanvaar het en nou gedoop sal word. Vir daardie geleentheid kom dr. John Philip wat met besoek in Grikwastad is, ook oor. Saam met die naturelle sal ook Mary se klein boetie gedoop word. Die grasdakkerkie is daardie Sondag stampvol. Baie van die Betsjoeanas wat nog by Mary se pappie skoolgaan, kom luister na die preek en die sing van gesange. ’n Hele paar van die Grikwas het ook na Kuruman gekomn. Hulle perde het hulle afgesaal en gekniehalter. Hulle praat Afrikaans met Mary se pappie. Hulle noem hom “Myn Heer”. Dit was ’n belangrike dag vir die sendelinge. Daar is ook nagmaal gevier saam rnet die ses gedoopte Betsjoeanas.

Op ’n dag het Mary se ouers die kinders na die stat van die opperhoof van die Betsjoeanas geneem om na een van die feeste van die heidene te gaan kyk. Daar was ’n hele klomp seuns en dogters wat mondig geword het. Die seuns was ongeveer 74 jaar oud en moes van nou af leer om oorlog te maak. Hulle word almal blink met vet gesmeer en kry die asgaai en die skildvel. Daar word beeste geslag en geëet. Daar word gedans en gesing. Die dogters het reeds al ’n paar weke skoolgegaan by die ou vrouens waar hulle geleer het om te sing en te dans. Hulle moes ook verneem wat die vernaamste pligte van ’n vrou is, nl. kinders groot te maak en handewerk soos huise bou, saai en oes. Veral moes hulle leer dat ’n vrou altyd aan haar man gehoorsaam moet wees. Hulle onderrig is nou voltooi. In albei hul hande word ’n warm yster gegooi wat hulle so lank as moontlik moet vashou om te toon dat hulle hande hard genoeg vit werk is. Daarna word hulle lyf met vet gesmeer en kry hulle die paar velletjies om om te hang. Die hare onder aan hul kop word afgeskeer en die boonste word met pikswart klei in ’n bol gedruk. Die mans weet nou dat daardie dogters mag trou!

Terwyl Mary se mammie eendag besig was om vir die kinders klere te maak en haar pappie in die tuin gewerk het, vra sy vir haar ma: “Waarom maak die mans van die Betsjoeanas dan die velklere en -komberse en nie hulle vrouens of dogters nie?” “O,” sê haar mammie, “die Betsjoeanas en die meeste ander naturellestamme het snaakse gewoontes. Hulle mans maak die komberse en klere, terwyl die vrouens die huise bou, die landjies ompik en mielies en kafferkoring saai. Hulle moet ook die koeie melk en hout gaan haal.” “Maar dis mos nie reg dat die vrouens die harde werk moet doen nie,” sê klein Mary. Haar mammie vertel haar toe dat die vrouens maar net slawe is. ’n Man kan met sy vrou of vrouens maak wat hy wil. Hy kan hulle verkoop ook. Die mans is menere wat bedien moet word. Hulle werk is hoofsaaklik om oorlog te voer, te jag en feeste te hou. Bedags sit hulle in die koelte terwyl die vrouens in die warm son moet pik om mielies en pampoene te plant.

Mary se pappie het die kinders vertel hoe die Betsjoeanas hul dooies begrawe. In hierdie verband is die reënmaker ’n baie belangrike persoon. Selfs die koning of opperhoof is vir hom bang. As so ’n reënmaker praat, moet almal gehoorsaam. Soms gee hy bevel dat geen dooie begrawe moet word nie, maar dat die lyk ’n ent ver uit die stat gesleep moet word om deur die hiënas en jakkalse opgevreet te word. Naby die sendingstasie het ’n ou vrou eenmaal te sterwe gekom. Die reënmaker het gesê dat die lyk nie begrawe moes word nie. Niemand wou haar aantaak nie, want vir die Betsjoeanas is ’n lyk onrein. Haar seun is toe uit ’n verafgeleë stat geroep om sy ma te kom wegsleep. Hy het ’n biesietou geneem, aan een van die bene van sy oorlede ma vasgemaak en alleen die dooie liggaam na ’n lappie bossies gesleep waar hy die tou en die lyk laat lê het.

As die Betsjoeanas merk dat iemand besig is om te sterwe, gooi hulle ’n net oof die sterwende en laat hom sit dat die ken op die knieë rus. In hierdie houding sterwe hy. Die graf word in die beeskraal gemaak as dit ’n man is en buite die beeskraal as dit ’n vrou is. Die binnekant van die graf word met die bol van ’n sekere plant gevryf. Die lyk word in die beeskraal gedra, nie deur die hek nie, maar deur ’n opening wat in die muur of takke daarvoor gemaak word. Op die kop van die dooie word ’n vel geplaas. In sittende houding word die liggaam in die graf geplaas. Die gesig moes na die noorde kyk. By die voete is stukke miershoop geplaas. Terwyl die grond met kommetjies ingegooi word, trap twee mans dit al om die lyk goed vas. Alle wortels of klippe word uit die grond uitgehaal. As die grond by die mond kom, word ’n tak daar voor geplaas en op die kop ’n paar graspolle. As die lyk amper toe onder die grond is, word ’n graspol op die kop geplant sodat dit bo die grond uitsteek. Daarna krap die mans en vrouens die losgrondjies op ’n hopie. ’n Groot skottel water met verskeie soorte plantbolle daarin word gebring en almal was hul hande en voete daarin, terwyl hulle uitroep: “Poela! Poela!” (Reën! Reën!). ’n Ou vrou, miskien ’n familielid, bring dan die dooie man se besittings, sy boog, pyle, asgaai en oorlogsbyl, verder graan en saad van verskeie soorte plante en selfs die been van ’n ou pakos en spreek die dooie soos volg aan: “Hier is al jou goed.” Daarna word die goed weer weggeneem en water op die graf gegooi. Almal gaan nou weg, die vrouens ween en foep uit: “Yô, yô, yô!”

Mary se vader het dikwels met wa en osse na verafgeleë statte gegaan om vrede tussen vegtende stamme te probeer herstel. Eenmaal het hy meer as 200 myl noordwaarts gereis na ’n groot opperhoof. Terwyl hy weg was, moes Mary en haar mammie by Kuruman agterbly met net twee Boesmanmeidjies om hulle te help. Op ’n middag het daar berig gekom dat die gevreesde Makatees die sendingstasie nader. Die Betsjoeanas het vreesbevange die meeste van hulle besittings begrawe om daarna te vlug. Watter benoude ure was dit nie vir mev. Moffat en haar kindertjies nie! Mev. Moffat kon nie met die kindertjies vlug nie. Sy het die Here in ’n vurige gebed gesmeek om hulle te bewaar. Laat die aand het sy na bed gegaan en haar geheel en al aan die beskikking van God oorgegee. Om middernag was daar ’n harde klop aan die deur. Met kloppende hart het Mary se mammie opgestaan en na die deur gegaan. Wie kon dit wees? Miskien was dit die Grikwa-rower, Jan Cloete, of miskien reeds die Makatees! Toe sy die deur oopmaak, staan Motibi, die opperhoof van die Betsjoeanas met ’n klomp van sy manskappe daar. Die hele stat was wakker en lawaai. Motibi het kom s6 dat die Makatees aan die kom was. Mevrou Moffat het ’n vetkers opgesteek, by die tafel gaan sit en ’n brief aan meneer Hamilton, ’n sendeling op ’n ander stasie, geskryf om sy hulp te vra.

Die volgende oggend om agtuur was meneer Hamilton daar, maar toe kom die berig dat die Makatees weggeswaai het na die Barolong langs die Molopo. Almal was verlig en dankbaar, maar toe besef Mary se moeder dat haar man nou in die grootste gevaar verkeer, want hy het juis na daardie gebied gegaan. Drie weke het sy in die grootste spanning en onsekerheid geleef. Niemand wou dit waag om na eerwaarde Moffat te gaan soek nie.

Hoe bly was moeder en dogter nie toe hulle na drie weke eerwaarde Moffat se wa oor die vlakte sien aankom nie! Dit was ’n blye ontmoeting en die hele gesin het hulle dankbaarheid aan die Here betoon in innige lofgebed.

Mary het groot geword. Sy moes skool toe gaan. Met ’n ossewa het haar ouers haar oor honderde myle na Grahamstad geneem waar sy in ’n koshuis tuisgegaan het. Toe sy ongeveer twintig jaar oud was, het ’n jong sendeling en geneesheer, dr. David Livingstone, na Kuruman gekom om met die sendingwerk te help. Hulle het goeie vriende geword. Daar by die fontein het hy haar gevra om sy vrou te word. Die ou kerkie waar hulle getroud is, staan nog daar en die ou kameeldoringbome kan nog fluister van die liefde wat Mary vir David Livingstone gehad het. Saam het hulle sendingwerk by Kolobeng gedoen en saam het hulle die eerste ontdekkingsreise in die onbekende noorde onderneem. Mary was ’n moedige vrou. Sy het baie ontberings verduur ter wille van die Evangelie. By haar man se sterfbed kon sy nie wees nie.