Fak_logo1Fak_logo1Fak_logo1Fak_logo1
  • Tuis
  • Afrikanergeskiedenis
    • FAK-Fotoversameling
    • Tydvakke
    • Kultuurorganisasies
    • Klankargief
    • Afrikanergeskiedenis algemeen
    • Geskiedenisdagboek
    • Afrikaanse Kultuuralmanak
    • Kultuurkroniek
  • Word ‘n vriend
  • Besoek die FAK
  • Soek ons
  •           
✕

Lizz Meiring

  • Tuis
  • Biografiese priofiele
  • Lizz Meiring
Willem J Kolbe
January 23, 2017
Tobie Cronjé
January 27, 2017

Lizz Meiring is aktrise, regisseur, teatervervaardiger, TV-aanbieder, seremoniemeester, spreker, kunsteaktivis, kreatiewe konsultant en skrywer.

Elizabeth Henriette Meiring speel vanaf sesjarige ouderdom in produksies by die Laerskool Pretoria-Oos en begin haar professionele loopbaan as tienjarige. Meiring het reeds vanaf haar eerstejaar as dramastudent in professionele teater- en televisieproduksies gewerk. Sy voltooi haar BA Drama (Honneurs) in 1983 aan die Universiteit van Pretoria en doen ook reeds as dramastudent oorklankings, radiowerk en TV-produksies by die SAUK, sowel as aanbiedingswerk en verhoogproduksies vir die destydse Truk.

Sedert haar universiteitsjare het sy in meer as 342 verhoogproduksies, 282 TV-produksies en 18 rolprente opgetree. As TV-aanbieder het sy reeds vier reekse in Engels en Afrikaans op verskeie TV-kanale aangebied. Sy het vier rolprentdraaiboeke geskryf, sowel as verskeie TV-tekste.

As skrywer, regisseur en teatervervaardiger het Meiring 207 produksies geskep. Omdat gesels vir haar so lekker is, is dit ook nie vreemd dat Lizz haarself as professionele afslaer gekwalifiseer het nie.

Meiring is op ’n welwillendheidsbasis aktief betrokke by die loopbaanontwikkeling van jong akteurs, skrywers, vervaardigers en regisseurs. Sy is ook ’n bestuurslid van die Teaterbystandfonds, die uitvoerende kunste in Suid-Afrika se enigste hulpfonds.

In 2013 het Lizz Meiring reeds 30 jaar in die vermaaklikheidsbedryf gevier. Sy is bekend vir TV-produksies soos Molly en Wors, Vetkoekpaleis, Manakwallaners en Villa Rosa, en rolprente soos Lipstiek dipstiek, Stoute Boudjies en Molly en Wors – die movie. Sy het al 17 pryse gekry vir haar werk as aktrise, skrywer, regisseur, vervaardiger en vir haar kulturele bydrae. Sy is ook 18 keer vir pryse en eerbewyse benoem.

Share
1

Related posts

August 20, 2018

Siegfried Mynhardt (1906-1996)


Lees meer
August 16, 2018

Simon van der Stel (1639-1712)


Lees meer
August 16, 2018

Jan van Riebeeck (1618 – 18 Januarie 1677


Lees meer

Navigasie

  • Tuis
  • Afrikanergeskiedenis algemeen
  • Tydvakke
    • Pioniers (1652–1820)
    • Groot Trek (1820–1845)
    • Presidente (1845–1902)
    • Generaals (1902–1948)
    • Nasionaliste (1948–1976)
    • Militariste (1976–1994)
    • Afrikaners na 1994
  • Geskiedenisdagboek
  • FAK-Fotoversameling
  • Suider-Afrika Geskiedenis
  • Afrikanerkultuur
  • Kultuurorganisasies
logo
Word 'n vriend

Kontak Ons

Moerdijkhuis,
Voortrekkermonumentterrein Eeufeesweg,
Pretoria

012 301 1777
fak@fak.org.za

1m

© 2021 FAK. Kopiereg voorbehou