samesteller Isabel Groesbeek
Linda ZÖLLNER née STRYDOM het haar voorliefde vir genealogie van haar ouers geërf, want haar vader Petrus Jacobus STRYDOM (1893-1975) was o.a. die samesteller van ’n boekie oor die Strydom-familie, nl. Gerrit Cornelis Strydom (22.12.1789-6.03.1859) van Harmsfontein, Burgersdorp: sy voorouers en nageslag. Haar moeder, Emmerentia Helena STYRDOM née LAMBINON (1910-2003) het persoonlike dokumente van die Lambinon-stamvader, Johannes Lambertus LAMBINON (1827-1886) bewaar, wat Linda in staat gestel het om ’n boekie oor die betrokke familie saam te stel. Linda is getroud met Martin Ernst Gerhard ZÖLLNER, nasaat van ’n Berlynse sendeling, wat vir nege jaar as president van die Genealogiese Genootskap van SA (GGSA) gedien het en ook vir sy diens erelidmaatskap in 2005 ontvang het.
Linda studeer aan die PU vir CHO en die Universiteit van die Oranje Vrystaat en behaal ’n BA-graad en HOD-nagraads. Sy begin haar loopbaan by die Instituut vir Eietydse Geskiedenis te UOVS, Bloemfontein, maar met verhuising na Pretoria tree sy in diens van die RGN as genealogiese navorser en werk met tussenposes van verblyf in Duitsland tot die vroeë 1990’s by die RGN, waar sy as redakteur, skrywer en/of medeskrywer van die volgende genealogiese werke optree:
Sy dien as bestuurslid van die Genealogiese Genootskap van SA in aantal hoedanighede o.a. as sekretaresse van die Transvaaltak (1979-1981), as voorsitter (1989) en as ondervoorsitter van die Noord-Transvaaltak (2000).
Linda skryf ’n aantal artikels waaronder Kwartierstate van bekende politici, asook oor reisbeskrywings en dagboeke vir FAMILIA: Kwartaalblad van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika en dien ook van 1996 tot 2004 as redaksielid.
Linda se onderwerp van haar MA-verhandeling in Kultuurgeskiedenis is Die genealogiese en kulturele bydrae van die sendelinge van die Rynse Sendinggenootskap in Suid-Afrika (UP, 1991). Sy is ook die ontvanger van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns: DF du Toit Malherbe-prys in 1998 vir haar publikasies rakende die nasate van die Duitse sendelinge.