La Motte-begraafplaas, Franschhoek

Jan Joubertsgatbrug, Franschhoek
January 18, 2018
Paarlberg
January 18, 2018

Die pad van Stellenbosch oor Helshoogte kronkel af na die skaduryke sendingdorpie Pniel. Onder in die vallei loop dit verby ’n aantal van die beroemdste ou Kaapse gewelhuise – Rhone, Boschendal, Lekkerwyn en Bellingham – tot by Groot Drakenstein-stasie. Hier sluit dit by die hoofweg na Franschhoek aan. ’n Paar km van Franschhoek aan die oostekant, oorkant die spoorweg, is die begraafplaas van die ou plaas La Motte geleë.

Dit is ’n begraafplaas waaromheen so ’n ryke verskeidenheid van legendes geweef is dat dit moeilik is om waarheid en verdigting van mekaar te skei, maar die begraafplaas word deur die bewoners van die omgewing nietemin met groot piëteit bejeën. Dit is omstreeks 1760 aangelê en hier is sommige van die vroeë afstammelinge van die Hugenote begrawe. Kopklippe met ouer datums daarop is waarskynlik van elders in die omgewing deur welmenendes hierheen gebring om hulle teen totale verlies te vrywaar. Hierdie kopklippe besit dan ook besondere oudheidkundige waarde.

(Bronsplaat 1951)

 

Bron: Oberholster, J.J. 1972. Die Historiese Monumente van Suid-Afrika. Kaapstad: Die Kultuurstigting Rembrandt van Rijn, pp. 84-85.