Fak_logo1Fak_logo1Fak_logo1Fak_logo1
  • Tuis
  • Afrikanergeskiedenis
    • FAK-Fotoversameling
    • Tydvakke
    • Kultuurorganisasies
    • Klankargief
    • Afrikanergeskiedenis algemeen
    • Geskiedenisdagboek
    • Afrikaanse Kultuuralmanak
    • Kultuurkroniek
  • Word ‘n vriend
  • Besoek die FAK
  • Soek ons
  •           
✕

Johan le Roux

  • Tuis
  • Hoofnuus
  • Johan le Roux
WH Coetzer (1900-1983)
March 30, 2021
Elzabe Zietsman
April 4, 2021

Op 28 Januarie 1970 het ’n dapper matriekseun sy lewe gewaag in ’n ongeluk waarin hy self sou sterf.

Johan le Roux was ’n leerling aan die Hoërskool Dr. Malan in Meyerton. Op daardie middag het ’n bus vol skoolkinders op die treinspoor by Henley-on-Klip tussen Vereeniging en Johannesburg gaan staan. Die busbestuurder kon die bus nie weer aan die gang kry nie en  ’n trein het die bus getref. Altesaam 23 kinders is dood, en nog 16 is beseer. Johan het minstens twee kinders se lewens gered deur hulle by die bus se venster uit te stoot voordat die trein die bus getref het. Hy self is in die ongeluk dood omdat hy nie self uit die bus kon kom voordat die trein dit getref het nie.

Johan was in die Voortrekkers en sou later daardie jaar ’n Presidentsverkenner-toekenning ontvang het. Die Wolraad Woltemade-dekorasie (silwer) is in 1973 aan hom toegeken en die straat wat verby die skool loop, is na hom vernoem. Daarby is ’n gedenkteken vir hom en die ander slagoffers op die skoolterrein opgerig.

Op 28 Januarie 2015 is ’n spesiale geleentheid ter herinnering aan die Henley-on-Klip-busramp by die gedenktuin, waar die skool, naasbestaandes van die slagoffers en die Voortrekkers elke jaar kranse lê, gehou. Tydens die geleentheid het sy skoolmaats vertel wat daardie dag gebeur het en watter uitwerking dit op die gemeenskap gehad het.

Daarby is ’n rolprent getiteld Henley-on-Klip in 2010 vrygestel; dit vertel die verhaal van vyf van die gesinne wat deur die ramp geraak is en hoe dit die gemeenskap saamgesnoer het. Daar is intense navorsing gedoen en Johan se familie was baie nou by die vervaardiging betrokke. Die digter JC Steyn het in 1970 ook ’n gedig oor die ramp geskryf.

Share
0

Related posts

April 29, 2022

Die geskiedkundige meulens van Potchefstroom


Lees meer
April 28, 2022

Standard Bank-geboue op Kerkplein


Lees meer
April 25, 2022

Louis Trichardt (1783-1838)


Lees meer

Navigasie

  • Tuis
  • Afrikanergeskiedenis algemeen
  • Tydvakke
    • Pioniers (1652–1820)
    • Groot Trek (1820–1845)
    • Presidente (1845–1902)
    • Generaals (1902–1948)
    • Nasionaliste (1948–1976)
    • Militariste (1976–1994)
    • Afrikaners na 1994
  • Geskiedenisdagboek
  • FAK-Fotoversameling
  • Suider-Afrika Geskiedenis
  • Afrikanerkultuur
  • Kultuurorganisasies
logo
Word 'n vriend

Kontak Ons

Moerdijkhuis,
Voortrekkermonumentterrein Eeufeesweg,
Pretoria

012 301 1777
fak@fak.org.za

1m

© 2021 FAK. Kopiereg voorbehou