Fak_logo1Fak_logo1Fak_logo1Fak_logo1
  • Tuis
  • Afrikanergeskiedenis
    • FAK-Fotoversameling
    • Tydvakke
    • Kultuurorganisasies
    • Klankargief
    • Afrikanergeskiedenis algemeen
    • Geskiedenisdagboek
    • Afrikaanse Kultuuralmanak
    • Kultuurkroniek
  • Word ‘n vriend
  • Besoek die FAK
  • Soek ons
  •           
✕

Jan van Riebeeck en die VOC

  • Tuis
  • Biografiese priofiele
  • Jan van Riebeeck en die VOC
TOT WAAR DIE KRANSE ANTWOORD GEE
March 1, 2017
Olive Schreiner (1855-1920)
March 16, 2017

In die 15de en 16de eeue is die wêreldhandel deur Portugal en Spanje oorheers. Met die uitbreek van die Tagtigjarige Oorlog tussen Nederland en Engeland teen Spanje, is die Portugese hawens vir die Nederlanders gesluit. Hulle het besef dat hulle self na die Ooste sal moet vaar om speserye te kry.

Daarom het die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie op 20 Maart 1602 tot stand gekom.

Van die begin af was daar by die Kompanjie ’n behoefte aan ’n plek waar skepe vars water en voedsel kon inneem op hul lang tog tussen Nederland en die Ooste. Die matrose het sonder vars water en kos maklik die lewensgevaarlike siekte skeurbuik opgedoen.

In 1647 het een van die skepe van ’n retoervloot, die Niew Haarlem, gestrand en die bemanning van sestig moes sowat ’n jaar in Tafelbaai bly. Met hul terugkeer het hulle met geesdrif van die land in die suide gepraat. Hulle het vertel dat dit ’n vrugbare en beeldskone land is en dat wild en vars water volop was. Boonop kon genoeg slagvee van die Khoi geruil word. Na aanleiding van hierdie getuienis het die VOC in 1651 besluit om ’n verversingspos aan die Kaap te vestig.

Jan van Riebeeck is as die bevelvoerder benoem. Op 6 April 1652 gooi hy anker in Tafelbaai met die skepe Drommedaris en Goede Hoope. Reijger het die volgende dag aangekom, en die laaste twee skepe van die vloot, naamlik Walvis en Oliphant, op 7 Mei.

Van Riebeeck se opdrag was om ’n nedersetting aan die Kaap te vestig wat verversings aan verbygaande skepe kon voorsien. Hy moes ’n fort bou wat ongeveer 80 mense kon huisves, tuinmaak, vrugtebome plant en ’n mas oprig waarmee seine aan skepe gegee kon word.

Jan van Riebeeck, wat 33 jaar oud was toe hy voet aan wal gesit het, was ’n pligsgetroue amptenaar en regverdige leier in sy tien jaar dienstyd aan die Kaap. Met sy koms het hy die Europese leefwyse en kultuur aan die suidpunt van Afrika gevestig.

 

 

Bronne:

De Villiers, J. 2012. Die Nederlandse era aan die Kaap, 1652-1806. In Geskiedenis van Suid-Afrika: Van voortye tot vandag. Onder redaksie van F. Pretorius. Kaapstad: Tafelberg, pp. 44.

Steyn, J.C. 2016. Afrikanerjoernaal: ‘’ Vervolgverhaal in 365 episodes. Pretoria: FAK.

Vriende van Afrikaans. 2009. Dae uit ons geskiedenis. Stellenbosch: Griffel Media, pp. 80, 97.

 

Share
1

Related posts

August 20, 2018

Siegfried Mynhardt (1906-1996)


Lees meer
August 16, 2018

Simon van der Stel (1639-1712)


Lees meer
August 16, 2018

Jan van Riebeeck (1618 – 18 Januarie 1677


Lees meer

Navigasie

  • Tuis
  • Afrikanergeskiedenis algemeen
  • Tydvakke
    • Pioniers (1652–1820)
    • Groot Trek (1820–1845)
    • Presidente (1845–1902)
    • Generaals (1902–1948)
    • Nasionaliste (1948–1976)
    • Militariste (1976–1994)
    • Afrikaners na 1994
  • Geskiedenisdagboek
  • FAK-Fotoversameling
  • Suider-Afrika Geskiedenis
  • Afrikanerkultuur
  • Kultuurorganisasies
logo
Word 'n vriend

Kontak Ons

Moerdijkhuis,
Voortrekkermonumentterrein Eeufeesweg,
Pretoria

012 301 1777
fak@fak.org.za

1m

© 2021 FAK. Kopiereg voorbehou