Huise in Donkinstraat, Port Elizabeth (Geen toegang)

Die Ou Grey-instituut, Port Elizabeth
September 10, 2019
White House of Haweraadgebou, Port Elizabeth
September 10, 2019

Ten noorde van die Donkin-reservaat teen die steil helling af staan ’n ry huise, die een vas teen die ander, maar elkeen net effens laer as die een daar naasaan. Hierdie huise is tipies van die Victoriaanse boustyl en is veral merkwaardig vir die wyse waarop die afsonderlike huise tot een groot eenheid geïntegreer is. Daarbenewens verleen hierdie ry terrashuise ’n unieke karakter aan hierdie uiters historiese buurt van Port Elizabeth en die behoud daarvan sal die tradisionele voorkoms van die omgewing bewaar.

(Geproklameer 1967)

Foto: Gordon Douglas, F.R.P.S. • Huise in Donkinstraat

 

Bron: Oberholster, J.J. 1972. Die Historiese Monumente van Suid-Afrika. Kaapstad: Die Kultuurstigting Rembrandt van Rijn, p. 135.