Henry George Grey (1766-1845)

George Macartney (1737-1806)
December 7, 2020
Joachim van Plettenberg (1739-1793)
December 7, 2020

deur Daantjie Dinamiet

Lt.genl. Sir Henry George Grey was ’n Britse militêre offisier wat as goewerneur van die Kaap waargeneem het.

Hy is op 25 Oktober 1766 te Northumberland, Engeland, gebore; sy pa was Charles Grey 1st Earl Grey. Hy het in die 18th Light Dragoons gedien en is in 1795 na die rang van majoor bevorder. Hy het sir David Baird in 1807 as waarnemende goewerneur van die Kaap opgevolg, en weer in 1811 as goewerneur waargeneem. Die Knight Grand Cross of the Order of Bath en die Knight Grand Cross of the Royal Gueplhic Order is aan hom toegeken.

In 1811 het John Francis Cradock hom as goewerneur opgevolg, en geen verdere inligting van hoe sy lewe daarna verloop het, is bekend nie. Hy is in Engeland op 11 Januarie 1845 in die ouderdom van 78 jaar oorlede.