foto 10

Op die plaas Groenvlei, naby Lindley

Anna Steenkamp, die niggie van Pieter Retief, het in 1837 die Kaapkolonie verlaat. Voor haar dood het sy ’n dagboek vir haar kinders en kleinkinders gehou waarin sy die verhaal vertel het van die verskriklike ontberings wat hulle tydens die trek beleef het. In haar wakis was ’n sakkie met akkers. Na die trek het Anna Steenkamp haar op die plaas Groenvlei, naby Lindley in die Vrystaat, gevestig. Daar het sy die sakkie akkers geplant wat vanaf die Kaapkolonie saam met haar getrek het. Twee reusebome het opgekom. Van die een boom wat omgeval het, is ’n nagmaaltafel en stoele gemaak wat vandag in een van Lindley se kerke staan. Onder die skadu van Anna se akkerboom word die Gelofte al meer as ’n 100 jaar gevier. Die plaas Groenvlei is een van die oudste plase in die Vrystaat.