Grondonteiening, Monomotapa en die historiese waarheid

Laat jou belasting vir Afrikaans werk!
April 18, 2018
Van Riebeeck Vereniging skrap sy ikoon op eeufees
April 18, 2018

Berigte uit die Dorsland en ander pioniersgewestes is ʼn bundel kernartikels uit die pen van prof. P.J. van der Merwe, baanbrekernavorser oor grondreg in Suid-Afrika.

Deur Marthinus van Bart

 

Die pas aangewese president van Suid-Afrika, Cyril Ramaphosa, het finaal al die kleure behalwe geel, groen en swart uit die spreekwoordelike “reënboog van die nasie” gewis toe hy op Vrydag 16 Februarie in sy intree-“boodskap aan die nasie”, in opvolging van sy inhuldiging as staatshoof, bevestig het dat onteiening van eiendom sonder kompensasie in Suid-Afrika ’n werklikheid gaan word.

Dit is in ooreenstemming met die ANC se besluit van Desember 2017 om eiendom, wat ook intellektuele eiendom insluit, van witmense sonder kompensasie te onteien “vir die regstelling van onregte van die verlede, toe grond deur kolonialisasie en apartheid van die regmatige eienaars afgeneem is”.

Hierdie uitspraak het ’n groot opskudding wêreldwyd veroorsaak, want ook die internasionale reg gaan deur die voorgenome onteiening geskend word. Sedertdien het die Australiese regering aangedui dat hy Suid-Afrikaanse boere wat hul grond deur onteiening verloor, met ope arms in daardie land verwelkom. 

In die parlementêre memoirs van wyle dr. Mario Oriani-Ambrosini (1960-2014), in lewe parlementslid vir die IFP (Inkatha Freedom Party), skryf hy: “In his brutal honesty, Ramaphosa told me of the ANC’s 25-year strategy to deal with the whites: ‘It would be like boiling a frog alive, which is done by raising the temperature very slowly. Being cold-blooded, the frog does not notice the slow temperature increase, but if the temperature is raised suddenly, the frog will jump out of the water.’”

Volgens hom het Ramaphosa verwys na die swart meerderheid in die Parlement wat nuwe wette gaan deurvoer waarmee eiendom, ekonomiese mag en welvaart geleidelik van die witmense weggeneem en inkrementeel na die swart magshebbers oorgedra sal word. Uiteindelik sal die wit gemeenskap alles verloor het wat hulle in Suid-Afrika opgebou het. Die transformasie sal geleidelik plaasvind om te voorkom dat die wit gemeenskap hieroor in opstand kom, rebelleer en terugveg, of die land verlaat.

In ’n onlangse toespraak voor die SA Kommunistiese Party het Ramaphosa hierdie radikale ingrype op die soewereiniteit van die Grondwet, wat eiendomsreg waarborg, ’n “Nasionale Demokratiese Rewolusie” genoem. Hy het ook voorsien dat witmense uit die arbeidsmag verwyder gaan word tot voordeel van swart werkers. Werkskepping vir die werklose swartmense is nie te vereenselwig met die ANC se oorhoofse onteieningsplan nie. Boonop verg werkskepping groot beleggings, wat nie verkry gaan word wanneer grootskaalse onteiening van die besittings van die witmense eers in werking tree nie, het hy gesê.

Die onteiening van eiendom behels nie net grond en wonings of geboue nie, maar ook intellektuele eiendom. Wetgewing word beplan om skrywers en rolprentmakers te dwing om hul werk aan ’n sentrale staats-sensuurraad voor te lê alvorens dit in boekvorm of op die internet gepubliseer mag word. Die wetgewing gaan geskoei word op wetgewing wat tans in kommunistiese China in werking is.

In Suid-Afrika is hierdie sensuur egter reeds geruime by voorbaat al in werking deurdat sentrale soekenjins op versoek van maghebbers publieke toegang tot die skryfwerk van sekere skrywers blokkeer. Ook die meeste hoofstroommedia werk ywerig mee om die inhoud van nuusgebeure te sensor of om nuusgebeure selfs te verswyg.

Dit is byvoorbeeld interessant om op die internet te lees hoedat hoofstroommedia die laaste toespraak van Jacob Zuma in die parlement radikaal gesensor het, terwyl hul banieropskrifte daarby lui dat hul aanbieding die “volledige toespraak” is. Net enkele webwerwe (wat nie hoofstroommedia is nie) gee egter Zuma se werklik volledige toespraak weer.

Hierdie vrywillige, slaafse samewerking met ’n onderdrukkende en radikaal onetiese regeringstelsel staan bekend as die Stockholm-sindroom: ’n oorlewingsmeganisme waardeur die indruk gewek word dat ’n slagoffer sy verdrukkers en onderdrukkers vertrou en hulle ook goedgesind is.      

Die ANC se pseudo-rasionaal waarop die beoogde onteiening sonder kompensasie steun, naamlik dat die witmense die grond en eiendom van die swartmense in die koloniale era en gedurende apartheid geroof het, is egter net ’n rookskerm om die skyn van regverdigheid en etiese, regstellende optrede te wek en die waarheid, blatante plundering, diefstal en roof, te verdoesel.

Soos in die bloedige Russiese Rewolusie, wat presies ’n eeu gelede met die massamoord op derduisende Wit Russe en hul tsaar Nikolaas en sy gesin begin het, is die beoogde Nasionale Demokratiese Rewolusie van Suid-Afrika niks anders nie as ’n miskenning van die reg, die grondwet en basiese menseregte – en is dus ’n brutale en misdadige magsvergrype. Dit is nie om dowe neute dat die Kommunisme alle vorms van godsdiens verwerp nie, want die etiese gedrag is gewortel en gevestig in die godsdiens.  

 

Waarheid oor grondeienaarskap al in die 1930’s nagevors

Prof. P.J. van der Merwe as jong navorser aan die Universiteit van Stellenbosch.

Die waarheid aangaande die historiese eienaarskap van grond in Suid-Afrika is reeds in die 1930’s akademies nagevors en geboekstaaf deur die Stellenbosse baanbreker-historikus prof. PJ van der Merwe, wat op die voetspoor van Afrikanerpioniers na die Oos-Kaap en ook die Dorsland van die Noordweste letterlik van streek tot streek en

Berigte uit die Dorsland en ander pioniersgewestes is ʼn bundel kernartikels uit die pen van prof. P.J. van der Merwe, baanbrekernavorser oor grondreg in Suid-Afrika.

van plaas tot plaas gevolg en noukeurig geboekstaaf het.

Sy talle manuskripte en voorheen ongebundelde artikels is pas deur sy dogter, Margaretha Schäfer, in samewerking met die uitgewer SunMedia van Stellenbosch, gepubliseer. Sy vertaal tans ook sy reeds gepubliseerde boeke in Engels, sodat dit wyer gelees kan word deur mense wat nie in staat is om die oorspronklike in Afrikaans te kan lees nie.

Berigte uit die Dorsland en ander pioniergewestes is ’n A4-bundel in sagteband van artikels wat Van der Merwe van 1938 tot 1968 oor die Trekboere en ander pioniers van die Sandveld en die Cederberge, Namakwaland, Boesmanland, die Kalahari, die Weskus, Noord-Kaap, Griekwaland, Betsjoeananland vir algemene Afrikaanse tydskrifte geskryf het. Meer oor P.J. van der Merwe is ’n soortgelyke bundel, ook in sagteband, van biografiese opstelle deur verskillende skrywers, meestal medehistorici, oor die lewe en werk van hierdie noukeurige navorser.

Hoewel Van der Merwe streng gesproke ’n akademiese navorser was, kan sy talryke artikels vir die gewilde Afrikaanse tydskrifte Die Huisgenoot, Landbouweekblad, Die Burger en Sarie Marais egter getipeer word as volksboukundig. Hy kan in hierdie opsig inderdaad beskou word as die Afrikaanse eweknie van die baanbreker-volksboukundige dr. James Walton, wat sy dekades lange, omvattende navorsing oor die volksboukuns in die Kaapse en Basotholandse platteland in gehalteboeke in Engels gepubliseer het.

Van der Merwe het ses boeke, hoofsaaklik suiwer geskiedskrywing, die lig laat sien: Die Noordwaartse beweging van die Boere voor die Groot Trek, Nasionale Pers Beperk, 1937; Die Trekboer in die geskiedenis van die Kaapkolonie, Nasionale Pers Beperk, Kaapstad 1938, Die Kafferoorlog van 1793, Nasionale Pers Beperk, Kaapstad, 1940; Pioniers van die Dorsland, Nasionale Pers Beperk, Kaapstad, 1941; Trek, Studies oor die mobiliteit van die pioniersbevolking aan die Kaap, Nasionale Pers Beperk, Kaapstad, 1945; Nog verder Noord: Die Potgieter-kommissie se besoek aan die gebied van die teenswoordige Suid-Rhodesië, 1836, Nasionale Boekhandel Beperk, Kaapstad, 1962.

Sy boek oor die Dorslandtrekkers neig om die grens tussen geskiedskrywing en boekstawing van die volksboukuns oor te steek.

Ná sy dood in 1979 het die SA Argiefkommissie sy omvattende navorsing oor die Voortrekkers en die Matabeles onder hierdie tema in die Argiefjaarboek vir Suid-Afrikaanse Geskiedenis (Deel II 49ste Jaargang, Staatsdrukker, Pretoria 1986) gepubliseer.

Dit was juis oor sy immer bedrywige lewe as rondreisende navorser dat Van der Merwe homself nooit die kans gegun het om sy veldwerk in boeke om te skep nie. Hy het beswaarlik tyd gehad om kernagtige, hoofsaaklik volksboukundige, artikels vir die Afrikaanse tydskrifmark te skep, voordat hy op ’n volgende sending na die uitgestrekte platteland vertrek het.

Meer oor P.J. van der Merwe bevat essays deur akademici oor die voortreflike navorsing en die persoon van wyle prof. Van der Merwe, uitnemende historikus en volkekundige.

Daarom is sy dogter, Margaretha, ’n joernalis en taalpraktisyn in eie reg, se insameling en geïllustreerde bundeling van haar pa se volkboukundige artikels oor soveel dekades uit die vermelde Kaapse dagkoerant en die Naspers-tydskrifte, ’n lofwaardige taak wat applous verdien. In hierdie twee bundels ontvou die boeiende waarheid oor grondbesit in Suid-Afrika, wat tans so nodig is om te dien as borswering teen ’n skreiende én skrynende onkunde by die meeste landsburgers; ’n onkunde wat hulle verslae en magtelose slagoffers maak van onetiese magsvergrype deur ’n radikale kommunistiese regime. Boonop versterk hierdie onkunde oor grondbesit die skepping van ’n valse, maar venynige, politieke wapen om veral die Afrikaanse gemeenskap in die oë van die buiteland – en ook onder mekaar – te demoniseer, sodat hulle geheel en al van hul Suid-Afrikaanse burgerskap, verblyfreg, eiendom en selfs hul lewe sonder veel weerstand vervreem kan word.

 

* Rig navrae na die twee boeke oor prof. Van der Merwe, die mens, en sy werk per e-pos aan: [email protected] of [email protected]africansunmedia.co.za

 

Resente navorsing oor grondeienaarskap ook reeds te boek gestel

As ’n mens die meer resente ondersoek na historiese grondreg in Suid-Afrika deur prof. Louis Changuion en die geskiedkundige navorser Bertus Steenkamp, soos vervat in die hardebandboek Omstrede Land: Die historiese ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse Grondvraagstuk 1652-2011 (in Engels vertaal as Disputed Land), Protea Boekhuis, Pretoria 2011, met prof. Van der Merwe se navorsing saamlees, kom ’n duidelike beeld na vore dat die ANC se plan vir eiendomsonteiening sonder kompensasie slegs totaal ongeregverdig is. Ook toon hierdie navorsing van Changuion en Steenkamp dat omstrede publikasies, soos  Land Reform in South Africa deur Van Zyl, Kirsten en Binswanger, gegrond op ’n ondersoek van die Wêreldbank, wemel van aanvegbare eensydighede en onwaarhede. Dit is hierdie soort politiek-gedrewe ondersoeke, op aanstigting en finansiering van die berugte internasionale bankiers, wat die ANC en sy onsigbare adviseurs tans aanwend om aan sy kommunistiese hervormingsideologie die skyn van regverdigheid te verleen.

Al waarheid wat oor hierdie toekomsplanne vir Suid-Afrika blyk, is dat die ANC die gewelddadige Oos-Europese rewolusie van 1918 as ’n bloudruk wil gebruik om sy plundertog van die afgelope 23 jaar te laat eskaleer, en terselfdertyd oppermag in Suidelike Afrika te bereik. Gegewe die geneties-gevestigde Afrika-mentaliteit wil dit voorkom of hy die mitologiese Ryk van Monomotapa (Mwene Mutapa), ook bekend as die sprokiesagtige Ryk van Mbire en Nyatsimba van die 14de en 15de eeu tussen die Zambezi en die Limpopo, wens te laat herleef. Heel gepas beteken Mwene Mutapa in Sjona: “Die plunderaar en verwoester van die lande”.