Foto 24

Smuts-huis in Irene, Centurion

Jan Smuts was ook bekend as “slim Jannie” omdat hy graag die Griekse Bybel gelees het. Hy was staatsprokureur van die ZAR, voordat hy tydens die Anglo-Boereoorlog bevorder is tot generaal. Jan Smuts was ’n briljante filosoof wat die teorie van holisme ontwikkel het. Hy het op die plaas Doornkloof in Irene, Centurion, gebly en sy huis is vandag ’n gewilde museum. Tydens die Tweede Wêreldoorlog het die Griekse koningsgesin op sy plaas tuisgegaan en so ook die Britse koningsgesin tydens hul besoek aan Suid-Afrika gedurende 1947.