Afrikaanse Taaldag, 14 Augustus

Op hierdie dag is die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) in die Paarl gestig. Alhoewel die dag nooit as ’n openbare vakansiedag erken is nie, herdenk Afrikaanse kultuurorganisasies gereeld op dié dag die waarde en ontwikkeling van Afrikaans.

 

Bybeldag, 27 Augustus

Dit is die dag waarop die Afrikaanse Bybel amptelik in 1933 bekendgestel is. Die Afrikaanse kerke en kultuurorganisasies herdenk die geleentheid gewoonlik op die Sondag naaste aan 27 Augustus.

 

Pieter Malan skryf in Rapport: “Dis seker veilig om te sê dat geen versameling van ikoniese Afrikaanse boeke volledig sal wees sonder vier titels nie: Die 1933-vertaling van die Bybel, SJA de Villiers se Kook en geniet, Groot verseboek en die FAK-Sangbundel.” Al vier hierdie kultuurskatte het ’n groot bydrae gelewer om ons Afrikaanse taal en Afrikanerkultuur te ontwikkel.

Die Afrikaanse Bybel: Die verskyning van die Afrikaanse Bybel is seker die grootste gebeurtenis wat nog ooit in Afrikaans plaasgevind het. Die Afrikaanse Bybel het ’n enorme rol gespeel om Afrikaans te standaardiseer wat noodsaaklik is vir enige taal om te tot ’n akademiese taal ontwikkel. Afrikaans was ook nie meer die huis-, tuin- en kombuistaal nie, maar ’n kanseltaal, universiteitstaal, skryftaal en singtaal.
Foto 26

Kook en Geniet: Dié gewilde kookboek is die eerste keer in 1951 deur Ina van Schalkwyk uitgegee en is sedertdien talle kere herdruk. Deur middel van hierdie boek het meer as een geslag Afrikaners nie net leer kos maak nie, maar is talle tradisionele resepte en geregte bewaar.
Foto 28

Groot Verseboek: Vir meer as ’n halfeeu het DJ Opperman se Groot Verseboek die kanon van die Afrikaanse poësie bepaal. Die Verseboek het die mooiste Afrikaanse gedigte in een boek saamgebind en ’n beeld gegee van die ontwikkeling van Afrikaanse poësie oor dekades.

 

Foto 29

FAK-Sangbundel: Die verhaal van die FAK-Sangbundel is verweef met die historiese ontwikkeling van Afrikaanse musiek. Die Sangbundel is die opvolger van Mansvelt se Hollands-Afrikaanse Liederebundel (1907) en die Groot Afrikaanse-Hollandse Liederebundel (1927). In Mansvelt se bundel is slegs 78 liedere opgeneem en in die 1937-bundel 314 Afrikaanse liedere. Dit dui op die ongelooflike groei van Afrikaanse musiek in net tien jaar. In 1961 en 1979 is die Sangbundel weer uitgegee met 400 nuwe Afrikaanse liedere. Ongeveer 90% van die Afrikaanse liedere het egter oorsese wysies gehad of was vertalings van Europese liedere. In 2012 met die 75ste verjaarsdag van die Sangbundel het ’n nuwe FAK-Sangbundel verskyn met 353 splinternuwe Afrikaanse liedere, waarvan 99% van die Afrikaanse liedere oorspronklike wysies en skeppings uit eie bodem is. Dit dui op die lewenskrag van Afrikaanse musiek. Die oudste Afrikaanse liedjies wat vanaf 1907 tot vandag toe nog gesing word, is “Afrikaners landgenote”, “Slaap kindjie slaap”, “Ou tante Koba is so dom”, “Stellenbosch se boys” en “Mamma ek wil ’n man hê”.

“Die Stem van Suid-Afrika”: Sedert die totstandkoming van die Unie van Suid-Afrika in 1910 is slegs
die Britse nasionale lied: “God save the King” gesing. Op 2 Mei 1957 is dit tot die enigste nasionale lied van Suid-Afrika verklaar.

Uit die blou van onse hemel,
Uit die diepte van ons see,
Oor ons ewige gebergtes
Waar die kranse antwoord gee.
Deur ons vêr verlate vlaktes
Met die kreun van ossewa.
Ruis die stem van ons geliefde,
Van ons land Suid-Afrika.
Ons sal antwoord op jou roepstem,
Ons sal offer wat jy vra:
Ons sal lewe, ons sal sterwe,
Ons vir jou, Suid-Afrika.

In die murg van ons gebeente,
in ons hart en siel en gees,
In ons roem op ons verlede,
In ons hoop op wat sal wees.
In ons wil en werk en wandel,
Van ons wieg tot aan ons graf.
Deel geen ander land ons liefde,
Trek geen ander trou ons af.
Vaderland, ons sal die adel,
Van jou naam met ere dra:
Waar en trou as Afrikaners,
Kinders van Suid-Afrika.

In die songloed van ons somer,
in ons winternag se kou,
In die lente van ons liefde,
in die lanfer van ons rou.
By die klink van huw’liksklokkies,
by die kluit-klap op die kis.
Streel jou stem ons nooit verniet nie,
Weet jy waar jou kinders is.
Op jou roep sê ons nooit née nie,
Sê ons altyd, altyd ja:
Om te lewe, om te sterwe –
Ja, ons kom, Suid-Afrika.

Op U Almag vas vertrouend
het ons vadere gebou:
Skenk ook ons die krag, o Here!
Om te handhaaf en te hou.
Dat die erwe van ons vadere
Vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste,
Teen die hele wêreld vry.
Soos ons vadere vertrou het,
Leer ook ons vertrou, o Heer:
Met ons land en met ons nasie
Sal dit wel wees, God regeer.

Goewerneur-generaals van die Unie van Suid-Afrika
Burggraaf Gladstone                            1910‒1914
Burggraaf Buxton                                 1914‒1920
Prins Arthur van Connaught              1920‒1923
Graaf Athlone                                        1924‒1930
Graaf Claredon                                      1931‒1937
Sir Patrick Duncan                               1937‒1943
Gideon Brand van Zyl                          1943‒1950
EG Jansen                                              1951‒1959
Advokaat CR Swart                              1960‒1961