Jochem van Bruggen (1881-1957), die seun van ’n Nederlandse skoolmeester, was ’n Afrikaanse skrywer wat die eerste Hertzogprys vir prosa in 1917 ontvang het. Hy sou dié prys nog drie maal ontvang. Hy het reeds op skool begin dig, maar het nooit gepubliseer nie. Hy is veral bekend vir sy realistiese prosa, soos in sy Ampie-trilogie, Die burgemeester van Slaplaagte, en Die Sprinkaanbeampte van Sluis, waarin die lot van die mynwerker, die armblanke, en die bywoner uitgebeeld word. Die Afrikaanse prosa tot die dertigerjare sy hoogtepunt in die werk van Jochem van Bruggen vind.