Jacob Daniël du Toit (1877-1953), beter bekend as Totius, was ’n Afrikaanse digter, skrywer, taalstryder, predikant, en hoogleraar aan die Teologiese Skool van die Gereformeerde Kerk op Potchefstroom, Psalmdigter en Bybelvertaler. Hy was die oudste seun van S.J. du Toit, stigter van die GRA. Totius se bundel Bij die monument verskyn in 1908, die eerste Afrikaanse digbundel. Hy het al 150 Psalms in Afrikaans oorvertaal, en was verantwoordelik vir die Ou Testament van die Bybel in Afrikaans.