Henry Allan Fagan (1889-1963) was ’n Afrikaanse skrywer, parlementslid, kabinetsminister, en Suid-Afrika se hoofregter. Hy studeer letterkunde aan die Universiteit van Stellenbosch, waar hy later lektor in Nederlands word. Hy laat vaar sy studie in teologie vir een in die regte, en behaal sy LL.B op Londen. Hy was stigter van Die Burger en ’n tyd lank assistentredakteur. Later word hy aangestel as professor in die Regte op Stellenbosch. As skrywer poësie, dramas en eenbedrywe, waarvoor hy met die Hertzogprys bekroon word. Fagan was die uitvinder van ’n verbeterde snelskrif-stelsel, en die vertaler van Langenhoven se Die Stem van Suid-Afrika in Engels.