Gerard Moerdijk (1890-1958) was ’n Afrikaanse argitek. Hy was ’n voorstander van volksegte argitektuur, en het gevoel dat Afrikaners se eiesoortige bewussyn in hul geboue neerslag moes vind. Hy het talle openbare geboue en ongeveer 90 kerke ontwerp, maar hy word by uitstek onthou as die vader van die Voortrekkermonument in Pretoria.