Daniel Cornelis Boonzaier (1865-1950) was ’n bekende kunstenaar en spotprenttekenaar. Hy was oor ’n tydperk van meer as 50 jaar werksaam, onder meer as spotprenttekenaar van Die Burger (1914-1940). Sy skeppinge sluit in Kees, die bobbejaan op sy paal, en Hoggenheimer, die Johannesburgse mynmagnaat. Hy is die vader van die skilder Gregoire Boonzaaier.