Fak_logo1Fak_logo1Fak_logo1Fak_logo1
  • Tuis
  • Afrikanergeskiedenis
    • FAK-Fotoversameling
    • Tydvakke
    • Kultuurorganisasies
    • Klankargief
    • Afrikanergeskiedenis algemeen
    • Geskiedenisdagboek
    • Afrikaanse Kultuuralmanak
    • Kultuurkroniek
  • Word ‘n vriend
  • Besoek die FAK
  • Soek ons
  •           
✕

Fort Selwyn

  • Tuis
  • Groot Trek Artikels
  • Fort Selwyn
Die Provoosgebou
September 10, 2019
Die Metodistekerk, Salem
September 11, 2019

Fort Selwyn staan op Gunfire-heuwel agter die Rhodes-Universiteit, op grond wat vroeër aan die drosdy behoort het. Toe sir Benjamin D’Urban in 1835 die drosdyterrein in ’n versterkte kaserne laat omskep het, was dit deel van hierdie verdedigingsplan om forte op die hoogte aan die suidekant van Grahamstad ter beskerming van hierdie kaserne op te rig. Die Selwyn-battery, ook bekend as Fort Selwyn, is één van hierdie forte en is genoem na kapt. C.J. Selwyn, R.E., wat vanaf 1835 tot 1841 in bevel van die Royal Engineers op Grahamstad was.

Die oprigting van die battery is onder D’Urban begin en onder sir George Napier voltooi. Toe Andries Stockenström, die nuwe luitenant-goewerneur van die Oostelike Distrikte, in Augustus 1836 in Grahamstad aangekom het, is ’n saluut van 17 kanonskote uit die Selwyn-battery ter ere van hom afgeskiet.

In 1841 is die fort oorgedra aan die Artilleriedepartement en dit is tot omstreeks 1868 as artilleriekaserne gebruik toe dit ’n magasyn en waghuis geword het. Vanaf 1870 is dit nie meer gebruik nie, en dit word tans deur die Stadsraad as ’n monument versorg.

(Geproklameer 1936)

Foto: Thomas Baines • Fort Selwyn in 1850 • Stadsraad, Grahamstad

 

Bron: Oberholster, J.J. 1972. Die Historiese Monumente van Suid-Afrika. Kaapstad: Die Kultuurstigting Rembrandt van Rijn, pp. 145-146.

Share
0

Related posts

April 29, 2022

Die geskiedkundige meulens van Potchefstroom


Lees meer
April 28, 2022

Standard Bank-geboue op Kerkplein


Lees meer
April 25, 2022

Louis Trichardt (1783-1838)


Lees meer

Navigasie

  • Tuis
  • Afrikanergeskiedenis algemeen
  • Tydvakke
    • Pioniers (1652–1820)
    • Groot Trek (1820–1845)
    • Presidente (1845–1902)
    • Generaals (1902–1948)
    • Nasionaliste (1948–1976)
    • Militariste (1976–1994)
    • Afrikaners na 1994
  • Geskiedenisdagboek
  • FAK-Fotoversameling
  • Suider-Afrika Geskiedenis
  • Afrikanerkultuur
  • Kultuurorganisasies
logo
Word 'n vriend

Kontak Ons

Moerdijkhuis,
Voortrekkermonumentterrein Eeufeesweg,
Pretoria

012 301 1777
fak@fak.org.za

1m

© 2021 FAK. Kopiereg voorbehou