Fak_logo1Fak_logo1Fak_logo1Fak_logo1
  • Tuis
  • Afrikanergeskiedenis
    • FAK-Fotoversameling
    • Tydvakke
    • Kultuurorganisasies
    • Klankargief
    • Afrikanergeskiedenis algemeen
    • Geskiedenisdagboek
    • Afrikaanse Kultuuralmanak
    • Kultuurkroniek
  • Word ‘n vriend
  • Besoek die FAK
  • Soek ons
  •           
✕

Fort Hare, Alice

  • Tuis
  • Hoofnuus
  • Fort Hare, Alice
Die Sonwyser, Seymour
September 12, 2019
Domira, Lovedale
September 12, 2019

Die dorpie Alice lê aan die linker-oewer van die Tjumierivier omtrent 23 km oos van Fort Beaufort. In die buitewyke van die dorpie is die bekende Bantoe-Universiteit van Fort Hare gevestig. Hierdie Universiteit is genoem na Fort Hare wat hier in 1847 na afloop van die Oorlog van die Byl gebou is. Die fort is genoem na luit.- kol. John Hare van die 27ste Regiment. Hy was in 1838 agerende luitenant-goewerneur van die Oostelike Provinsie en in Julie en Augustus 1846 het hy die eerste divisie van die leër teen die Xhosa aangevoer. Die fort met uitgebreide mure daaromheen was tot 1882 as ’n militêre reserwe in besit van die Imperiale Departement van Oorlog. In daardie jaar is ’n gedeelte van die reserwe vir die aanleg van ’n dorpie afgesonder en die ander deel is aan die aangrensende Lovedale-Instituut afgestaan.

Slegs die toring van die fort het behoue gebly, maar die bouvalle van die buitemure is nog op die terrein te sien.

(Bronsplaat 1938)

 

Bron: Oberholster, J.J. 1972. Die Historiese Monumente van Suid-Afrika. Kaapstad: Die Kultuurstigting Rembrandt van Rijn, p. 159.

Share
0

Related posts

April 29, 2022

Die geskiedkundige meulens van Potchefstroom


Lees meer
April 28, 2022

Standard Bank-geboue op Kerkplein


Lees meer
April 25, 2022

Louis Trichardt (1783-1838)


Lees meer

Navigasie

  • Tuis
  • Afrikanergeskiedenis algemeen
  • Tydvakke
    • Pioniers (1652–1820)
    • Groot Trek (1820–1845)
    • Presidente (1845–1902)
    • Generaals (1902–1948)
    • Nasionaliste (1948–1976)
    • Militariste (1976–1994)
    • Afrikaners na 1994
  • Geskiedenisdagboek
  • FAK-Fotoversameling
  • Suider-Afrika Geskiedenis
  • Afrikanerkultuur
  • Kultuurorganisasies
logo
Word 'n vriend

Kontak Ons

Moerdijkhuis,
Voortrekkermonumentterrein Eeufeesweg,
Pretoria

012 301 1777
fak@fak.org.za

1m

© 2021 FAK. Kopiereg voorbehou