Familie, feestyd en … films!

Droomvrou
Januarie 10, 2019
Téén verstikkende inklusiwiteit
Januarie 11, 2019

Deur Christa Steyn

Desembermaand is
sinoniem met familie, feestyd en vakansie. Sommige binnelanders stroom na
kusdorpies op soek na sielerus langs die see, terwyl ander gesinne weer met Jan
Tuisbly se karretjie ry. Dit maak egter nie saak waar jy is nie, ’n lekker
manier om te ontspan saam met die familie is om jou tuis te maak voor ’n fliek,
met natuurlik ’n bakkie springmielies!

  • Liewe Kersfeesvader
    (2017)

In Liewe Kersfeesvader moet ’n
tienermeisie, Nonnie, haar grootmens-skoene aantrek en na haar boetie omsien,
omdat haar ma hulle in die steek gelaat en haar pa ’n gedaanteverwisseling
ondergaan het. Dit is nie ’n tipiese ‘Kersverhaal’ met ’n oorbodige kersete,
hope geskenke en sneeu nie, maar ’n verhaal oor die aanvaarding en liefde vir familie
– ongeag hulle tekortkominge.

Rolverdeling:
Mila Guy, Eloff Snyman, Morné Visser, Milan Murray, June van Merche, Melt
Sieberhagen en Dean John Smith

Ouderdomsbeperking:
12PGT (Taal, Ouerbegeleiding word aanbeveel)

IMDb-gradering:
7.6/10

Beskikbaar: DVD

  • Trouvoete (2015)

In Trouvoete raak twee bleeksiele verlief
op mekaar, nadat hulle aanlyn ontmoet het. Waarskuwing: Die oormatige
produkplasing en publisiteit in die film mag dalk steurend vir ernstige
filmliefhebbers wees.

Rolverdeling:
Lika Berning, Bouwer Bosch, Charlie Bouguenon, Paul du Toit, Stefan Ludik, Rika
Sennett, Marlee van der Merwe, Candice Weber en Erica Wessels

Ouderdomsbeperking:
10LPG (Taal, Ouerbegeleiding word aanbeveel)

IMDb-gradering:
5.8/10

Beskikbaar: DVD

  • Vir die Voëls (2016)

Vir die Voëls is op ’n ware
liefdesverhaal gebaseer en speel gedurende die sewentigs af: ’n Era wat
vereenselwig word met die grensoorlog, diensplig, en immer gewilde treffers
soos “Hoeka Toeka” deur Carike Keuzenkamp en “Ramaja” deur Glenys Lynne.

Rolverdeling:
Simoné Nortmann, Francois Jacobs, Elize Cawood, Lara Kinnear, Bennie Fourie,
Neels van Jaarsveld, Nicola Hanekom, Drikus Volschenk en Edrien Erasmus

Ouderdomsbeperking:
10-12G (Geweld)

IMDb-gradering:
7.8/10

Beskikbaarheid:
DVD, Vimeo

  • Ballade vir ’n Enkeling
    (2015)

Ballade vir ’n Enkeling sal deur sommige kykers onthou word as die gewilde televisiereeks wat in
die tagtigerjare deur die SAUK uitgesaai is. In 2015 maak hierdie verhaal
homself opnuut tuis in Suid-Afrikaners se huise met ’n mengelmoes van
oorspronklike en verwerkte treffers, sowel as ’n sterbelaaide rolverdeling.
Ongeag of jy met heimwee terugdink aan die reeks of nie – hierdie film sal oud
en jonk boei.

Rolverdeling: DonnaLee
Roberts, Armand Aucamp, Jacques Reynhard, Rolanda Marais, Jacques Bessenger,
Cindy Swanepoel, Zak Hendrikz, Christia Visser, Edwin van der Wal, Luan Jacobs,
Miles Petzer, Dorette Potgieter, Drikus Volschenk, Heléne Lombard en Boikie
Pholo

Ouderdomsbeperking:  16TG (Taal, geweld)

IMDb-gradering: 7.7/10

Beskikbaarheid:
DVD, Vimeo, iTunes (R99.99)

Soortgelyke films: Roepman (2011), Die
Wonderwerker
(2012), Verraaiers
(2012), Treurgrond (2015)

  • Mooirivier (2015)

Mooirivier herinner aan die
veelvuldige liefdesintriges soos wat in die 2003-film, Love Actually (wat terloops ook ’n ideale Kersfees-fliekkeuse is),
vertel word. Die film gee vir kykers presies wat hulle verwag: ’n soetsappige
liefdesverhaal met hope humor en ’n gelukkige einde.

Rolverdeling: Tim
Theron, Anel Alexander, Nadia Beukes, Hykie Berg, Milan Murray, Heinz Winckler,
Danie Putter, Leandie du Randt, Bouwer Bosch, Bennie Fourie, Francois Viviers,
Elmie Brits, Sandi Schultz, Suzzi Swanepoel en Diaan Lawrenson

Ouderdomsbeperking:
PG (Ouerbegeleiding word aanbeveel)

IMDb-gradering:
6.1/10

Beskikbaarheid:
DVD

Soortgelyke films:
Semi-soet (2012), Klein Karoo (2013), Pad na Jou Hart (2014), Strikdas
(2015), Hollywood in My Huis (2015), Dis koue kos, Skat (2016) en Sy Klink Soos Lente (2016).

  • Raaiselkind (2017)

Raaiselkind, wat
oorspronklik deur Annelie Botes geskryf is, vertel die verhaal van ’n ma wat
vir haar outistiese kind se dood aangekla word. Waarskuwing: Moenie verwag dat
die film ‘soos die boek’ gaan wees nie. Daar is heelwat verskille tussen die
roman en die film. 

Rolverdeling:
Diaan Lawrenson, Neels Clasen, Anrich Herbst, Deon Lotz, June van Merch

Ouderdomsbeperking:
13T (Taal)

IMDb-gradering:
8.1/10

Beskikbaarheid:
DVD

Soortgelyke films: ’n Saak van Geloof
(2011), Stilte (2012), Lien se Lankstaanskoene (2013), Faan se Trein (2014), Dis ek, Anna (2015), Nul is Nie Niks Nie (2017) en Vaselinetjie (2017).

  • Meerkat Maantuig (2018)

Meerkat Maantuig is op die jeugverhaal, Blinde sambok,
deur Riana Scheepers, gegrond. Na haar pa se dood, besef die 13-jarige
Gideonette de la Rey dat sy die enigste een is wat nog die sogenaamde ‘familievloek’
dra. Danksy haar nuutgevonde vriend, Bhubesi, kry sy die moed om haar vrese in
die oë te staar en die vloek finaal te verbreek.

Rolverdeling:
Anchen du Plessis, Rika Sennett, Pierre van Pletzen, Themba Ntuli, Hanlé
Barnard, Drikus Volschenk

Ouderdomsbeperking:
10 (Ouerbegeleiding word aanbeveel)

IMDb-gradering:
8.1/10

Beskikbaarheid:
DVD

Soortgelyke films: Die Ongelooflike
Avonture van Hanna Hoekom
(2010), As
Jy Sing
(2013), Vuil Wasgoed
(2017), Stroomop (2018), Susters (2018) en Thys & Trix (2018).

*Vimeo is ’n
video-op-aanvraagplatform (Opsie 1: betaal ongeveer R35 vir ’n 48-uur
verhuringsperiode; OF Opsie 2: betaal ongeveer R70 vir onbeperkte
stroom/aflaaibare toegang).

Deur Christa
Steyn

The post Familie, feestyd en … films! appeared first on FAK.

Powered by WPeMatico