31 OKTOBER
January 13, 2017
CJ Langenhoven
January 23, 2017

Erik Holm is ’n akteur wat bekendheid verwerf het vir sy rol Rian Malherbe in die kykNET-sepie Binnelanders, waarin hy in 2008 vir die eerste maal verskyn het. Voorheen het hy die rol van Walter in 7de Laan vertolk. In 2013 lees hy vir die eerste maal die nuus op die SABC se 24-uur nuuskanaal op DStv.

Holm is in 2007 verlam toe hy in ’n dam geduik en sy nek gebreek het. Hy het ’n eenmanvertoning opgevoer, genaamd, Blou-Blou, wat grotendeels die storie vertel van hoe die tragiese ongeluk gebeur het.

Erik het onlangs op Facebook aangekondig dat hy en mede-akteur Tinarie van Wyk-Loots verloof geraak het. Kykers het Tinarie as die stil Beulah Roberts in Vallei van Sluiers leer ken. Hierdie bekroonde aktrise het egter al in ’n rits teaterproduksies, TV-reekse en films verskyn.

Erik en Tinarie se liefde blom nie net in die werklike lewe nie. Hulle was saam in die teaterstuk Dogma, waarin die karakter Abelard (Erik) deur die kerk verwerp word weens sy buite-egtelike verhouding met Heloise (Tinarie).