Ek sien vandag die son weer skyn
Januarie 16, 2019
Droomvrou
Januarie 16, 2019

In 1987 het
Jannie du Toit sy tweede album, Drie-uur
in die more
, vrygestel, ses jaar nadat sy eerste een, ’n Liedjie vir jou, verskyn het.

Een van die
trefferliedjies vanaf daardie album was ’n komposisie van ’n liedjieskrywer en
klavierspeler saam met wie Jannie nog baie jare lank sou werk. Christa Steyn
was toe al gevestig as liedjieskrywer, maar met “Ek wil vir jou” het sy een van
haar grootste treffers behaal. Jannie en Christa sou tot net voor haar dood in 2012
gereeld saam optree en hulle het konserte in veral ’n aantal Europese lande
gehou.

Laurika Rauch het
self in daardie jaar ’n lang stilte verbreek. Haar album Encore Laurika was haar eerste in vier jaar en soos Jannie het sy “Ek
wil vir jou” ingesluit; dit was vir haar net so ’n groot treffer soos vir
Jannie en vir haar die begin van ’n nuwe era in haar loopbaan.  Die groot treffer vanaf hierdie album was
egter “Op Blouberg se strand”, ’n melodie van Udo Jürgens waarvoor Laurika se
man, Chris Torr, die Afrikaanse woorde geskryf het.

Jannie het reeds
in die 1970’s as deel van die groep Trilogie begin om musiek te maak. Hy het as
prokureur gekwalifiseer maar later die regsberoep verlaat om voltyds te sing.
Hy het sy eerste drie albums, ’n Liedjie
vir jou
, Drie-uur in die môre en Palet, self gefinansier en uitgereik en
later ’n platemaatskappy begin onder die naam JNS-musiek.  Die naam het van sy bynaam op skool, Janus,
gekom en hy het die musiek van kunstenaars soos Amanda Strydom, Lucas Maree en
Coenie de Villiers versprei.  Jannie is
nou nog aktief in die musiekbedryf, veral met programme waarin hy hulde aan
Lucas Maree, Koos du Plessis en die Belgiese sanger en liedjieskrywer Jacques
Brel bring.

Twee van vandag
se mees talentvolle kunstenaars, Joshua Na Die Reën en Lizandra Winter, het “Ek
wil vir jou” saam tydens die FAK se Valentynsdag-konsert by die Afrikaanse Liedjietuin
gesing en dit is op Lizandra se gelyknamige album beskikbaar.

The post Ek wil vir jou appeared first on FAK.

Powered by WPeMatico