Die ZARPs: ’n kort geskiedenis (1862-1902)

Droomvrou
January 8, 2019
Familie, feestyd en … films!
January 9, 2019

Deur Johan Wolfaardt

Ons beeld van die Boerekryger is die van ’n bebaarde man met ’n koordfluweelbroek en Mauser oor die skouer, geen uniform nie. Maar klein groeperinge in Transvaal en die Vrystaat was gedissiplineerde eenhede wat uniforms gedra het, en een daarvan was die ZAR Polisie.

Die polisiëring van beide Republieke in die vroeë jare is verrig deur die veldkornet, ’n rang gelykstaande aan die van luitenant of kaptein. Elke dorp het ’n kommando gehad onder bevel van ’n kommandant; elke kommando is verdeel in wyke en elke wyk was onder bevel van ’n veldkornet. Alle militêre range van ’n kommando is gevul deur mans wat  deur die burgers verkies is. Die veldkornet was ook die persoon wat burgers in oorlogstyd opgeroep het, wapens en ammunisie aan hulle verskaf het en hy moes ook die belasting invorder.

In 1862 is besluit dat ’n polisiemag nodig is, wat ook as professionele soldate in oorlogstyd kon optree. Vir die verarmde Transvaal was die oplossing om vrywilligereenhede te stig. Die eerste daarvan was die Rustenburg Schutzenkorps, gestig in 1863. Die plan is egter doodgebore, want die uitbreek van die Transvaalse Burgeroorlog (1863-1865) ontwrig alle planne en verarm die staat nog verder.

Hierdie artikel verskyn op Eensgesind. Besoek gerus die webblad om verder te lees.