Fak_logo1Fak_logo1Fak_logo1Fak_logo1
  • Tuis
  • Afrikanergeskiedenis
    • FAK-Fotoversameling
    • Tydvakke
    • Kultuurorganisasies
    • Klankargief
    • Afrikanergeskiedenis algemeen
    • Geskiedenisdagboek
    • Afrikaanse Kultuuralmanak
    • Kultuurkroniek
  • Word ‘n vriend
  • Besoek die FAK
  • Soek ons
  •           
✕

Die Slag van Rooiwal

  • Tuis
  • Presidente Artikels
  • Die Slag van Rooiwal
Die ou fort
October 21, 2015
22 OKTOBER
October 22, 2015

deur Hannetjie Nortman, Std V, Doornbultskool, Ottosdal, soos verskyn in Historia Junior, September 1958

(Doornbultskool digby Rostrataville in Wes-Transvaal is geleë naby die bekende plaas Rooiwal waar die laaste slag in die Tweede Vryheidsoorlog plaasgevind het. Die leerlinge van hierdie skool, het van nog lewende oudstryders die verhaal van hierdie slag gehoor. Dit is interessant om hulle bevinding te vergelyk met die algemeen aanvaarde verslag van die slag.)

Dit was 11 April 1902, kort voor die totstandkoming van die Vrede van Vereeniging. Die Boere het reeds nie meer in kommando’s geveg nie, maar ’n Gorilla-oorlog gevoer onder aanvoering van een of meer offisiere. Vroeg die môre teen dagbreek het ’n handjievol Boere onder leiding van generaal Kemp en kommandant F. Potgieter teen ’n Engelse laer wat op die plaas Rooiwal, distrik Lichtenburg, saamgetrek was, opgeruk.

Die Boere slaag daarin om die vyand te verras, maar op die kritieke oomblik verskyn 900 “Hensoppers” egter op die toneel. Daar vind ’n hewige geveg plaas waarin 45 van die burgers, onder wie ook kommandant Potgieter, sneuwel. Die Boere moes die aftog blaas. Die Engelse het die gesneuwelde burgers so vlak begrawe dat die meerkatte later die beendere uitgegrawe het. Negentien jaar later is daar op die plaas Rooiwal ’n monumentjie opgerig om die laaste rusplek van die klompie dapper burgers aan te dui wat hul lewe afgelê het vir die vryheid van ons land.

Share
0

Related posts

November 30, 2021

Vroue van ons leiers 2: Nonnie de la Rey – vir haar vyande ’n vriendin


Lees meer
November 30, 2021

Vroue van ons leiers 1: Tant Siena – almal se tante


Lees meer
February 16, 2021

Die Boere-aanval op Majuba – Deel 20: Slot


Lees meer

Navigasie

  • Tuis
  • Afrikanergeskiedenis algemeen
  • Tydvakke
    • Pioniers (1652–1820)
    • Groot Trek (1820–1845)
    • Presidente (1845–1902)
    • Generaals (1902–1948)
    • Nasionaliste (1948–1976)
    • Militariste (1976–1994)
    • Afrikaners na 1994
  • Geskiedenisdagboek
  • FAK-Fotoversameling
  • Suider-Afrika Geskiedenis
  • Afrikanerkultuur
  • Kultuurorganisasies
logo
Word 'n vriend

Kontak Ons

Moerdijkhuis,
Voortrekkermonumentterrein Eeufeesweg,
Pretoria

012 301 1777
fak@fak.org.za

1m

© 2021 FAK. Kopiereg voorbehou