Die Klein Prinsie nou ’n oudioboek

Laat jou belasting vir Afrikaans werk!
April 15, 2018
Boekresensie: Op pad
April 16, 2018

Kyk na die hemel. Vra julleself af: “Het die skaap die blom geëet, ja of nee?” En julle sal sien hoe alles verander …

Om Die Klein Prinsie se 70ste verjaarsdag te vier, is ’n nuwe vertaling van Antoine de Saint-Exupéry se klassieke teks gedoen wat aangepas is vir ’n woordkunsproduksie op die verhoog. Die leser, Chris van Niekerk (Vrystaat Kunstefees Beste Vrystaatse Akteur 2017 vir hierdie produksie) is die Loods en ook die skrywer van die verhaal. Hy dra ’n loods-uitrusting uit die 1930’s en ’n lang, geel serp, net soos die Prinsie, wat volgens sommige lesers Saint-Exupéry as seuntjie voorstel.

Op die Loods se skryftafel staan ’n aardbol (die Loods het al die wêreld vol gereis) en ’n waterbottel (water speel ’n belangrike rol in die verhaal, en herinner die toeskouer daaraan dat dit onontbeerlik is in die woestyn, waar die ontmoeting met die Prinsie plaasvind). Die luisteraar se aandag sal meesal gevestig wees op die verhaal van die Prinsie se reis na die aarde, sy ontmoeting met verskillende planeetbewoners, diere en reptiele op aarde en sy uiteindelike terugkeer na sy asteroïde.

Op hierdie oudioboek word die klem op die teks geplaas: al die karakters word deur die akteur se stem geskep. Die vervaardiging van die oudioboek is met trots deur die FAK ondersteun en nou beskikbaar by uitgesoekte CD-winkels.

 

Ontvang die Die Klein Prinsie oudioboek gratis, sluit aan as FAK-vriend, klik hier.

The post Die Klein Prinsie nou ’n oudioboek appeared first on FAK.

Powered by WPeMatico

Comments are closed.