Die besoek aan Dingaan
April 7, 2017
Die Havemann-dagboek
April 7, 2017

(Geskryf deur Tersia Pretorius, Krugersdorp-Wes Afrikaansmediumskool, soos verskyn in Junior Historia)

Was dit bloot ’n hunkering na vryheid, of tog ’n bestiering deur die hand van Bo dat die Voortrekkers die lang en gevaarlike tog na die binneland begin het? Tog weet ons dit was tot heil vir ons, as burgers van Suid-Afrika.

Met trots kan ons terugdink aan ons stoere voorgeslagte, wat soveel moed en durf aan die dag gelê het, om soveel gevare te kon trotseer. Hulle het hul nie gekwel oor die dag van more nie, maar het vas in God geglo dat Hy hulle sou beskerm en bewaar. Die wiele het begin kraak en rol oor die pad en hulle het vir oulaas teruggewuif, na geliefdes wat agtergebly het.

Gedurende die Trek, was hulle aangeval deur Bantoestamme, waar kindertjies, sowel as grysaards en jong lewenskragtige dapperes die lewe gelaat het. Tog, het die oorblywendes moedig voort getrek. Een vir een, hef die manne hul ossewaens stuk vir stuk oor die Drakensberge gedra. Dapper, vol moed en geloof, het die Voortrekkermoeders hul plekke volgestaan. Die osse was moeg en pootseer, tog het hulle voortgestap geduldig, gedienstig, gedweë. Dit was asof hulle bewus was, vryheid lê daar vóór, in die onbekende!

Oor koppies en deur valleie, roep die stem van ons voorgeslagte. Selfs die sagte geruis van ossewawiele op ’n kronkelende en moeisame pad, kan ek amper hoor.

Hulle hét hul bestemming bereik. Saggies hoor ek elkeen se woorde:

Ons sal antwoord op jou roepstem,

Ons sal offer wat jy vra!

Ons sal lewe, ons sal sterwe,

Ons vir jou, Suid-Afrika!

 

 

.