Merkwaardige Mabel maak vreesloos haar merk
March 16, 2017
Paardeberg
March 23, 2017

Die Bronberger, ’n gemeenskapspublikasie, is een van ’n baie rare handjievol publikasies in die land wat werklik onafhanklik van enige publikasiegroep of instansie is. Daar is publikasies wat so iets op ’n kortstondige basis regkry, maar die Bronnie hou sedert 2002 steeds aan groei.

Dit is ’n maandelikse glanstydskrif met die klem op die landelike leefwyse, die omgewing en die mense en gebeure van die Bronberg-gebied en dien ook as bewese baie doeltreffende advertensiemedium om die groot aantal lesers in dié verspreidingsgebied te bereik.

Die tydskrif word bedryf deur eienaars en uitgewers, Gerhard en Angie Kleijn, saam met ’n halwe handjievol vryskutmense om te help met advertensiewerwing en uitleg.

Hulle het onlangs ’n koffietafelboek, Toeka se Dae – Die Karakters gepubliseer – gebore uit Angie Kleijn se toeka-artikelreeks in Die Bronberger.

 

Bel ons by 012-734-0522 of 082-377-6807 of stuur ’n e-pos na info@bronberger.co.za. Besoek www.bronberger.co.za.