Die Boere-aanval op Majuba – Deel 7: Reaksie van die Boere op die Britse besetting van Majuba – Sondagoggend, 27 Februarie 1881

Die Boere-aanval op Majuba – Deel 6: Die Britte beset Majuba, nag van 26-27 Februarie 1881
February 12, 2021
Die Boere-aanval op Majuba – Deel 8: Roos en Ferreira se aanvalsplan
February 12, 2021

Christo HC Geldenhuys

 

Dit is die oggend van 27 Februarie 1881. Die Britte het, sonder dat die Boere dit gewaar het, Majuba gedurende die nag beset.

Mevrou Hendrina Joubert vertel:

“In die nag het ik sleg geslaap en teen dagbreek sta ik op. Ik klee mij aan en gaan buitekant die tent, ‘n keteltje kook. Daar sta ik so, en kijk naar die more-lig, en bowe op die berg sie ik mense. Ik kijk nog ‘n slag en roep dan vir die generaal: ‘Kom gauw ‘n beetje, daar is mense op die kop.’ Mijn man kom buitekant en hij se: ‘”Dis die versterkings wat ik verwag het.’ ‘Maar man,’ se ik, ‘vat jou kijker, het ons mense dan rooi baatjes?’ Die generaal siet dit toen ook, en hij roep vrijwilligers om die berg te storm.”[1]

In ’n onderhoud met dokter JW Matthews, in Augustus 1886, vertel generaal Joubert self:

“Just as the day was dawning my wife, who had been with me only a few days, got up to make coffee. Going out of the tent she said, ‘See what lots of men are on the mountain!’ Suspecting nothing I merely said: ‘It is only our own people.’ She was not satisfied, however, but got my binocular, and looked again, when she called out excitedly: ‘Leave your writing! Put down your pen! Come here! The English are on the mountain! ’I ran out at once, there was no need for me to take the glass as I could plainly distinguish the English troops by their walk. I jumped on my horse, which like all other horses in the camp, according to general orders, was saddled at four in the morning, and rode at once to Franz Joubert* who had just come into laager the day before. ‘Now,’ I said, ‘didn’t I tell you the English would get up the mountain? Look, there they are.’ He wouldn’t believe me but insisted they were our own people. At this juncture I saw the men returning who should have formed the picket on Majuba the night before, and heard and saw two shots fired on them from the hill. I almost lost my temper. ‘Would our own people fire on us?’ I asked. ‘No! They are English’, I say.’ When Franz Joubert calmly answered, ‘If that is so we shall have to get them down.’ Hurriedly telling him to go on up the mountain, while I would go back and send some more men, I galloped off to our laager. On my way I met my son with a message from General Smit advising me to come to Laing’s Nek at once as that might be attacked. So I left instructions for Veld Cornets Roos and Minnaar to attack Majuba on one side with about forty men, and the commandant of Utrecht with something like the same number would go up the other.”[2]

Die onsekerheid oor wat die Britse oogmerk was, belemmer die Boere se besluitneming. Killian vertel: “Dit was nie die hele Boeremag wat na Amajuba opgeruk het nie, want die generaal het nog altyd die vermoede gehad dat die Engelse hier by Laingsnek gaan probeer deurbreek.”[3]

Generaals Piet Joubert en Smit fokus op Laingsnek en is albei soontoe.

Party Boere vertel die storie sommer so kort. Christiaan de Wet sê:

“Toe dit lig word, die volgende dag, word daar van bo op die brandwag geskiet. Daar gewaar ons in die laer dat dit Engelse is, wat in die nag op die berg geklim het. Generaal Joubert het kort en bondig gesê: ‘Julle gaan en haal hulle daar af.’ ’n Klein klompie het toe die berg beklim. Daar was as leiers die veldkornette Johannes Roos en Joachim Ferreira, ook assistent-veldkornette S Trichardt en D Malan.”[4]

Nie alle Boere het op dieselfde manier van die situasie bewus geword nie. Die nag van 26/27 Februarie 1881 was Petrus Kilian ’n lid van ’n perdekommando in Laingsnek “… want generaal Joubert, en ons almal, was van mening dat Colley weer hier by Laingsnek sou kom deurbars.”[5]

Killian en Andries Beytel ry te perd terug laer toe om vuur en koffie vir die terugkerende ruiters te reël. “Ek is reeds aan die afsaal. Ek kniehalter my perd, en toe ek omdraai … val daar ’n geweerskoot, en nog een en nog een. Almal van ons staan doodstil. Toe weerklink ’n gil, en ek hoor die generaal se stem daar by sy wa: ‘Opsaal, opsaal!’”

Kilian, Beytel en ’n paar burgers jaag te perd na Laingsnek “… want om die waarheid te sê, niemand het geweet presies waar die skietery was nie.”

“Ons is spoedig by die kommando in die nek, en in ’n opgewonde gesprek tussen die offisiere, Fanie Roos en Loutjie Fourie, word dit vir my duidelik dat die geweerskote van die kruin van Majuba gekom het. ‘Jaag terug na die generaal!’ roep die offisiere en gou was ons by die laer om bevel te kry. Genl. Joubert staan ons en inwag, en aan Fourie skree hy: ‘Kyk, daar is Engelse bo-op die kop, en julle gaan hulle nou daar afhaal.’ Binne tien minute trek ons in verskillende veldkornetskappe op ’n galop in die rigting van Amajuba!”[6]

PC Joubert vertel:

“Met dagbreek op daardie merkwaardige Sondag, 27 Februarie 1881, ry twee Boertjies houtgerus om die westekant van Majuba om die brandwagte te gaan aflos; maar die brandwagte was, soos reeds gesê, ongelukkig nie waar hulle moes gewees het nie. Die ruiters het dit toe nog nie geweet nie. Die Engelse kon daar van bo af die twee Boere maklik beskiet en hulle het dit ook gedoen, en een se perd gedood. Begryplikerwys het die Boere toe oral begin lont ruik, want die eerste skote het luid weergalm en van gevaar gedui.

“In die geselskap van ’n klompie medeburgers wat as brandwagte gedien het, het ek my met sonop aan die oosterhelling van Majuba bevind. Ons hoor toe ook die ontydige skote. ’n Burger het hieroor nog grappig gesê: ‘Arrie, maar ons mense skiet vanmôre vroe-vroe rooiribbokke bo teen die berg.’ Weinig kon ons kon droom dat dit die vyand was.

“’n Oomblik later verskyn ’n klompie Bergskotte bo op die kranse en begin sommer te skiet op genl. Frans Joubert se brandwagte.”

Hy onthou verder:

“Die volle daglig kom, en nou was die parmantige vyand daarbo op Majuba taamlik uitgelate in die roes van hulle kordaatstuk, en nie tevrede om hulle op die kruinronding te vertoon nie, het hulle lustig begin losbrand op elke bewegende skepsel wat hom teen die berg bevind het. Hulle steek ons klompie toe ook onder die koeëls.

“‘Kêrels’, gee Fourie, ons aanvoerder, bevel, ‘jaag terug Nek-toe!’

“Ons is die een kloof in en die ander uit, en nie lank nie of ons klompie van ses-en-dertig man het die Nek veilig bereik.

“In die hooflaer het aanvanklik groot verwarring geheers. Dit vlieg op, gooi verkykers aan en val oor mekaar se voete van haastigheid om alles vir die aanval in gereedheid te bring toe eindelik bemerk is dat die Engelse leërmag Majuba beset het en dat daardie vername posisie vir die Boere verlore was.”[7]

Hermann onthou weer die volgende:

“Toe dit begin lig word, word die wag, wat nie bo-op die berg was waar hulle moes wees nie, die troepe van Colley gewaar. Toe is daar ook ’n paar skote op hulle geskiet wat die aandag van die offisiere getrek het, toe sien ons daar is troepe op die berg. Die brandwag is toe in ’n kloof af en hulle bring die rapport dat die Engelse op die berg is, maar ons het hulle toe alreeds gesien. Toe vra V/K Roos: ‘Waar was die brandwag wat op die berg moes gewees het?’ Die offisiere kom toe bymekaar om plan te maak.

“Generaal Joubert was baie kwaad en het met die offisiere geraas en gesê: ’Daar is die Engelse nou op die berg en nou is alles verlore!’ V/K Roos sê toe: ‘Generaal ons gaan hulle afhaal!” Toe was V/K Roos, kom. Ferreira en V/K De Jager bymekaar. Hulle roep toe hulle manne en sê: ‘Ons moet die berg gaan uitklim!’”[8]

Kommandant JJ Ferreira skryf later:

“Doch alles ging stil voorbij tot op Zondag, den 27sten. De order in ons kamp was: alle manschappen moeten om 4 uur op de wachtplaats wezen. Wij deden zulks. Dien

ge lenkwaardigen Zondag waren wij dus op onze wachtplaatsen. Toen het licht begon te worden, werden er schoten gehoord van den kant, waar Kommandant Viljoen met zijne manschappen geplaatst was. Dadelijk bemerkten wij, dat de soldaten reeds op den Kop waren. De generaal gaf toen order om den Kop te bestormen. Wij klommen op onze paarden en reden weg in die rigting.”[9]

Stephanus Roos vertel:

“Toen ons di Sondag morge vroeg gewaar dat di Engelse bo op di kop was, was daar ’n grote opskudding in ons lager. Alles en almal was in rep en roer. Ek voel so an myn hart: as ons di Engelse ni dadelik afhaal van di kop af ni, en ver hulle eers tyd gé om ver hulle daar te verskans en kanonne daar te breng, dan is ons verlore. Daar was gen tyd of kans om eers ’n krygsraad te roep ni. Ek gryp so mar myn pêrd en jaag storm teen di voet van di berg uit.”[10]

Slegs een bron vertel van die organisasie van die Boere. Ene “Heer Haupt” wat die slag van Majuba beskryf het, skryf die volgende:

“Het duurde niet lang of de partij, die nu den Engelschman den Kop moest afjagen was gereed, en vergaderde eerst regt aan den bovenkant van de generaalstent op den rand. Het waren slechts 150 man, van de commandantschappeu van Nic. Smit, A. Pretorius en G. Meijer. Deze stelden de heeren D.J.K. Malan, Steph Roos en Joachem Ferreira aan als de officieren, die den Kop moesten bestormen. Men trok te zamen naar een lang en diep kloofje ten noorden van den Spitskop, terwijl een hevig vuur op onze manschappen gerigt werd. Eenmaal in die kloof, kon de vijand onze manschappen niet beschadigen. Zij namen een weinig rust om water te drinken, enz.”[11]

Die ander vertellers verwys nie na so ’n vergadering of sulke organisering of geordenheid nie.

PC Joubert vertel later die volgende:

“Die Boere het die eienaardigste manier van oorlog maak wat mens jou kan voorstel. Elke burger is op sy eie. Elkeen maak klaar so vinnig as wat hy kan. Sodra hy klaar is, wag hy nie nog vir die ander kêrels nie, maar spring weg om die vyand te gaan aanval. So het hulle op ’n streep klaargekry en op ‘n streep afgesit, berg uit.

“Die oorgrote sterkte van die hooflaer het egter nie aan die slag op Majuba deelgeneem nie, maar op die Nek agtergebly om dié te beskerm.”

Verder:

“Hy (generaal Piet Joubert) roep my nader, gee my sy groot verkyker wat hy destyds uit Europa saamgebring het. Hy gee my ook ’n groot rooi doek met die woorde: ‘gaan jy en Fourie en klim julle twee daardie oorkantste berg uit.’ Hy wys met sy hand en vervolg: ‘klim tot bo uit, tot op Langkrans en kyk of die Engelse nie dalk met ’n ander mag agter Langkrans om hierheen trek nie.’

“My is toe verder opgedra dat as ek iets gewaar wat na vyandelike magte lyk, ek die rooi doek aan ’n stok of iets moes hegen dit heen en weer waai. Dit sou as teken vir die generaal dien dat die vyand uit daardie rigting aan die opruk was. Met die wegtrek het hy my nog vermanend toegevoeg: ‘jy bly daar totdat ek jou laat roep!’”

Langkrans, geneem vanaf Majubanek. PC Joubert en Fourie is daar uit om ’n observasiepos bo-op te stig. Uiteindelik kon hulle die verloop van die hele slag van daar af deur generaal Joubert se verkyker bekyk. (Foto: Christo Geldenhuys, Desember 2020)

Fourie en ek is toe baie haastig te perd na Langkrans toe. Binne ’n halfuur was ons daar. Ons het die omliggende wêreld haarfyn bespied en tot ons groot verligting ontdek dat daar geen ander Engelse magte aan opruk was nek-toe nie. Gevolglik het ons dan ook geen seine met die rooi doek gemaak nie.

Langkrans lê ’n rapsie hoër as Majuba, en met genl. Joubert se uithaler-verkyker tot my beskikking kon ek die slag van Majuba in sy fynste besonderhede volg van begin tot end.”[12]

Op grond van bogenoemde vertellings deur Boere, is dit is werklik moeilik om te bepaal wie van die Boere was getaak om Majuba te gaan aanval. Generaal Joubert het aan soveel verskillende Boerebevelvoerders opdrag gegee om dit te doen, dat daar geen oorhoofse bevelvoerder was nie. Dit is baie duidelik dat nie generaals Joubert of Smit op hierdie stadium in bevel was van die aanval op Majuba nie, want albei het na Laingsnek toe gegaan.

Die Britte het die Boere se optredes vanaf Majuba waargeneem.

Majoor Fraser, het die volgende in sy verslag beskryf:

“We looked down upon the whole position of Laing’s Nek, and saw three large Boer wagon laagers in rear of it, at 2 000 to 3 000 yards to north west; and a fourth about 1 500 yards to west of us. Shortly after 6 A.M. the Boers began a desultory fire. They inspanned their oxen in the laagers and stood ready to go. At the same time, reinforcements, mounted and on foot, kept coming up. We counted 160 in one party alone. These all worked up skillfully under cover till within 600 yards from the brow, and then kept up a rapid fire on us.”[13]

Major Fraser skryf ook in ’n brief: “As soon as I looked down on Lang’s Nek I saw that they must go or we … we saw the Boers break up their three to four wagon laagers and inspan their oxen, then they moved mounted and dismounted reinforcements to the hill …”[14]

Die Britte kon bo van Majuba af presies waarneem hoe die Boere reageer. Panorama van die uitsig wat die Britte van bo van Majuba gehad het – geneem vanaf Ooskoppie. Laingsnek is in die middel van die foto, waar die N11 agter die nek verdwyn. (Foto: Christo Geldenhuys, Desember 2020)

Die oorlogskorrespondent, Carter, op die kruin van Majuba, beskryf die gesig van bo af:

“All was quiet at the Nek there was no sign of any stir or movement in the enemy’s camp. The Highlanders stood watching, and pointing at the camp below them, shook their fists in exultation, and laughingly challenged the enemy, ‘Come up here, you beggar!’ The Boers could not hear the challenge, but as subsequent events proved, they did ‘come up here.’

“In a few seconds that camp at our feet changed from a quiet to an animated scene. In less time almost than it takes to tell, the whole of the plain was dotted with horsemen in open order; they seemed to rise out of the camp and spread like a swarm of flies suddenly disturbed. Some galloped towards Coldstream, away from our direction and others rode, always in open order, towards their right and left flanks camps; the ground below the mountain was dotted al over with them; none approached by the nearest line towards Majuba. Still they covered the land; and were sufficiently near the one to the other to offer a splendid mark for artillery. Where are our rockets? ‘Not arrived yet.’ From our point of view it seemed as if consternation had seized the enemy, and they were preparing to evacuate their ground. We could see with the naked eye oxen brought up and attached to the wagons, tents struck, men hurrying and scurrying in all directions, apprehensive of remaining stationary lest a shell should come ploughing into their midst.”

En ook:

“The Boers from east, north east, and west, advanced rapidly towards the base of the mountain as soon as daylight showed them our men standing on the sky-line.”[15]

Luitenant Hamilton beskryf die volgende:

“As the day gradually broke and the light grew stronger, he saw from the very lifting of the curtain the course of the tragedy. Boers awoke, bustled about their encampments; looked up just as Symons’ Brigade looked up on the morning of Talana Hill, and saw the sky-line fringes with men. More bustle, long delay, much argument and hesitation below, a little boasting rifle fire from some of the British soldiers: ‘Ha, ha! got you this time I think!’ – and then, straggle of horsemen riding in tens and twenties towards the foot of the mountain.”[16]

Luitenant Wright verklaar die volgende: “Shortly after 6 A.M., when just light, a patrol of Boers went round the base of the hill, unsuspectedly, when a shot was fired at them from between points 3 and 1 in the plan – against orders, which were not to bring on an engagement if it could be avoided. However, that shot told the tale and the Boers galloped back to their camp with the news. Immediately all camps were like wasps, nests disturbed, and it really was an imposing sight to see, that Sunday morning, all turn out, fires lighted for breakfast, and then a morning hymn sung; after which all wagons were inspanned, and the Boers turned out for battle. A storming party of about 200 men immediately rode under the second ridge (eerste terras). By crossing round under the naval brigade’s position they could do it without being seen. There they left their horses and climbed up right under the hill, where we could not see them without going to the very edge of the hill, and exposing ourselves entirely to the fire from the two ridges.”[17]

Nota: Luitenant Wright was ’n lid van die 92nd Higlanders. Ten einde gedeeltelik wes van die berg te kon sien, was die enigste moontlike plek waar hy ontplooi was (saam met die 92nd Higlanders), op die noordwestelike hoek van Majuba (“Noordweskoppie”). Hierdie word bevestig as die res van sy verklaring hiermee saamgelees word: “In this position we remained till about twelve noon, the Boers climbing towards us step by step, and I may say unexpectedly by any but, Hamilton and myself, who could see them.” Hierdie verwys duidelik na die Boere-aanval op die noordoostelike helling. Vir Luitenant Wright om wes en noordoos van die berg te kon sien, moes hy op die noordwestelike hoek in posisie wees.

Moontlike uitsig van Luitenant Wright na die suidweste. Links is die helling na die hoofkruin. MacDonaldkoppie in die middel, regs in die agtergrond is Nkweloberg. Let op die kruinrant en MacDonnaldkoppie wat Luitenant Wright se sig belemmer. (Foto Christo Geldenhuys, Oktober 2017)

Luitenant Ian McDonald skryf:

“About 2,000 men were engaged, but the storming party did not number more that 200 men, and these stole around the hill under die Naval Brigade’s position, and then climbed quietly up, quite out of sight of the defenders. They gradually work round till they were under the Gordon’s position, and climbed up step by step, unsuspected by any but Luitenants Wright and Hamilton of the Gordons, and these officers went to Colley and said that without being entrenched it was impossible to hold the position with so few men; but his reply was the same: ‘Hold the place for three days!’”[18]

Daar is ’n verklaring van wie hierdie groep Boere was: Hermann, wat saam met Stephanus Roos was, gee ’n bietjie detail van die roete wat hulle na Majuba gevolg het:

“Ons is toe allangs die berg aan die westekant. Daar het die perde toe gebly. Daar het Kom. Smal van Heidelberg ook met sy manne bygekom. Ons is toe die eerste bank uit. Van die weste kant het ons toe noord uitgeklim na die 2de bank.”[19]

Nota: Die “eerste bank” is die helling na die eerste terras. Geen verklaring word gegee vir hierdie “ompad” nie, maar dit word duidelik gestel dat dit is wat gebeur het. Die mees waarskynlike verklaring wat gegee kan word vir hierdie groep Boere se ompad, onder die Naval Brigade se posisies op die westelike kruinrant van Majuba verby, is dat hulle aanvanklik van plan was om die berg deur Weskloof te bestyg, maar op pad van plan verander het en toe meer noordwaarts gery het.

Weskloof. Dit is moontlik dat Stephanus Roos-hulle aanvanklik hier die berg wou uitklim.

Stephanus Roos vertel verder:

“Ek gryp so mar myn pêrd en jaag storm teen di voet van di berg uit. Hiir en daar siin ek enkele persone, van verskillende veldkornetskappe, oek te pêrd jaag. Ek skré en wenk hulle met myn hoed. Ons jaag toen tot onder di eerste afset; want di berg maak verskillende afsette; en ons laat ons pêrde somar onder in di kloof staan. Daar onder di eerste krans of rant gaan ons toen sit; ons was mar omtrent ‘n 12 man toen ons daar kom. Mar ons siin toen nog gedurig di manne met 2 en 3 angejaag kom van verskillende kante af. Ek skré en wenk mar gedurig met myn hoed, dat hulle almal daar onder di rant moet by makaar kom.”[20] 20

Nota: Die “onder di eerste afset” is “onder die helling na die eerste terras”. Hierdie is in dooie grond, soos gesien vanaf die kruin.

Watter kloof is hier ter sprake? Hermann en Stephanus Roos se vertelling, saamgelees met die daaropvolgende gebeure (meer daaroor later) laat kom mens tot die gevolgtrekking dat die kloof Skerpkloof moes wees.

Skerpkloof

’n Burger. Let op na die kleur van die klere. (A. May 1980. Gepubliseer as “Commemorative illustrations – South African Military History Society – Journal 1981”.)

 

Opsomming en evaluering

Die Boere was geskok en verward toe hulle die oggend besef die Britte was op Majuba.

Die Boere-aanval op Majuba het nie goed begin nie.

Aangesien die Boere, met generaal Joubert as uitsondering, nie geglo het dat die Britte Majuba sou kon beset nie, is geen terreinwaardering van Majuba uit die oogpunt van ’n aanval deur die Boere, gedoen nie.

Die oggend van 27 Februarie 1881 was die Boere se inligtingsprentjie onduidelik. Dit was nie moontlik vir generaal Joubert om te bepaal wat die oogmerke van die Britte was nie. (Daar moet onthou word dat, met die uitsondering van generaal Colley alleen, die Britte ook nie geweet het wat hulle oogmerk met die besetting van Majuba was nie!)

Die Boerebevelvoerder wat waarskynlik die beste kop gehou het, was generaal Smit. Hy was oortuig dat die besetting van Majuba net ’n afleiding van die Britte se hoofaanval op Laingsnek was en is soontoe, met ’n boodskap aan generaal Joubert dat hy ook onmiddellik na Laingsnek toe moes gaan. Vandag weet ons dat generaal Smit verkeerd was, ten minste wat tydsberekening aanbetref. Dit is heeltemal moontlik dat generaal Colley ’n aanval op Laingsnek beplan het, maar die mag wat so ’n aanval sou kon uitvoer, was nog in Newcastle. So ’n aanval sou dus eers op die vroegste die volgende dag (28 Februarie) kon plaasvind. Generaal Smit se optrede wys egter daarop dat hy deurlopend die operasionele situasie in geheel gesien het en besef het dat Majuba nie die sleutelterrein was in terme van die beheer oor Laingsnek nie. Sy optrede was gebaseer op die aanname dat die Britse bevelvoerder ’n logiese plan gehad het, wat moontlik nie die geval was nie.

Generaals Piet Joubert en Smit het aanvanklik op ’n moontlike Britse aanval op Laingsnek gefokus (en generaal Frans Joubert het oënskynlik iewers in die geharwar weggeraak). Behalwe generaal Joubert se opdrag dat Majuba van drie kante aangeval moes word, was daar geen leiding aan laervlakbevelvoerders oor hoe daar te werk gegaan moes word nie.

Daar was geen waardering gedoen of ’n plan geformuleer of opdragte gegee oor hoe Majuba aangeval moes word nie.

Daar was nie eenheid van bevel in die Boeremag wat Majuba moes aanval nie. Uit die verskillende bronne blyk dit dat generaal Joubert links en regs vir laervlakbevelvoerders opdrag gegee het om Majuba aan te val. Dit het veroorsaak dat dit heeltemal onduidelik was oor wie in bevel van die Boere-aanval op Majuba was – op hierdie stadium was daar nie ’n enkele persoon oorhoofs in bevel van die aanval nie.

Van die Boere het hulle osse ingespan en was gereed om die laers te ontruim. Van die Boere het na Laingsnek toe gejaag, ander weer het ongeorganiseerd, nadat hulle gereed was, in die algemene rigting van Majuba vertrek – berede en te voet, sonder ’n plan en sonder ’n bevelvoerder. Daar was nie enige beheer of koördinering in die beweging van die Boere na Majuba toe nie. In kort, dit was maar redelik chaoties.

In ’n kloof, teen die hange van Majuba, is daar egter ’n assistent-veldkornet. Hy skreeu en wink met sy hoed manne nader …

 

Bronne:

Bristish Governement Publication.  The London Gazette.  TSO (The Stationery Office) under the superintendence of Her Majesty’s Stationery Office (HMSO), part of The National Archives.  (Datum van publikasie soos in die voetnota aangedui.)

Carter, Thomas Fortescue. 1896. A narrative of the Boer War: its causes and results. New edition. London: John Macqueen.

Churchill, Winston Spencer. 1900. Ian Hamilton’s march. London and Bombay: Longmans, Green and Co.

Cromb, James. 1891. The Majuba disaster. A story of Higland heroism told by officers of the 92nd Regiment. London.

Cromb, James. 1902. The Highland Brigade: its battles and heroes. Edited and brought down to the end of the Boer war, and other essays, by David L. Cromb. Sterling: Eneas Mackay.

Hermann, H.B.K. 1981. Slag van Laingsnek en Amajuba 1881 soos opgeteken deur H.B.K. Hermann. Pretoriana. Tydskrif van die Genootskap Oud-Pretoria. Majuba 100 jaar. 27 Febr. 1881 – 27 Febr. 1881. Nr. 81 Julie.

Kestell, John Daniel. 1920. Christiaan de Wet: ’n lewensbeskrywing. Johannesburg: Nasionale Pers. Beskikbaar by: https://repository.up.ac.za/handle/2263/12672

Kilian, J.D. 1975. Laat ons veg. Johannesburg: Perskor Uitgewery.

Pieterse, H.J.C. 1940. Volksaltare of ’n veteraan van die Eerste Vryheidsoorlog. Kaapstad: Nasional Pers Beperk.

Porter, Withworth. 1889. History of the Corps of Royal Engineers. Volume 2. London: Longmans, Green and Co.

Rompel-Koopman, L. 1981. Wat Mevrou Generaal Joubert vertelt. 1915 bl 50-51, soos aangehaal in Pretoriana. Tydskrif van die Genootskap Oud-Pretoria. Majuba 100 jaar. 27 Febr. 1881– 27 Febr.1881. Nr. 81 Julie.

“S” (Skrywer onbekend). 1896. Die Slag van Amajuba, Ons Klyntji, Deel 1, No. 1. Maart. Paarl: D.F. du Toit en Co. Beperk, Drukkers en Uitgewers.

Weilbach, Kommandant J.D. & Du Plessis, C.N.J. 1882. Geschiedenis van de Emigranten-Boeren en van den Vrijheids-oorlog. Kaapstad: Saul Solomon & Co.

Wolmser, J.A. 1900. Petrus Jacobus Joubert. In Kalf Jr, J.K. (red.), Manned en Vrouwen van beteekenis in Onze Dagen. Haarlem: H.D. Tjeenk Willink & Zoon.

 

[1] Rompel-Koopman. Wat Mevrou Generaal Joubert Vertelt, bl. 50-51. In Pretoriana Majuba 100 jaar, Nr. 81, Julie 1981. p. 22. Kyk ook Wolmser, Petrus Jacobus Joubert, p. 79.

[2] Matthew, Incwadi Yami, p. 336.

[3] Killian, Laat ons veg, p. 25.

[4] Christiaan de Wet aangehaal in Kestell, Christiaan de Wet. ’n Lewensbeskrywing, p. 27.

[5] Killian, Laat ons veg, p. 23.

[6] Killian, Laat ons veg, pp. 22-25.

[7] Pieterse, Volksaltare, pp. 79-80.

 

[8] Hermann, in Pretoriana Majuba 100 jaar, Nr. 81, Julie 1981, pp. 9-10.

[9] Weilbach & Du Plessis, Geschiedenis van de Emigranted-Boeren en van Den Vrijheids-Oorlog, p. 268.

[10] Stephanus Roos in Ons Klyntji, p. 11.

[11] Weilbach & Du Plessis, Geschiedenis van de Emigranted-Boeren en van Den Vrijheids-Oorlog, p. 265.

[12] Pieterse, Volksaltare, pp. 82-83.

[13] Fraser in The London Gazette, May 3, 1881, p. 2107.

[14] Porter, History of the Corps of Royal Engineers. Volume 2. p. 39.

[15] Carter, A narrative of the Boer War, pp. 262-263; 265.

[16] Churchill, Ian Hamilton’s march.

[17] Cromb, The Majuba disaster, pp. 14-15.

[18] Cromb, The Higland Brigade: its battles and its heroes, pp. 291-292.

[19] Hermann, Pretoriana, Majuba 100 jaar, p. 10.

[20] Stephanus Roos, Ons Klyntji, p. 12.