Daantjie Dinamiet se top CD’s vir 2018

Flink se medewerker wen Persklub-prys
January 3, 2019
Marita van der Vyver se jongste pennevrug ‘n moet-lees
January 3, 2019

2

Dit is tyd om
2018 te groet, maar voordat dit gebeur, moet daar eers gekyk word na die
Afrikaanse albums wat die afgelope jaar bo die res uitgestaan het. Soos
gewoonlik het verskeie goeie CD’s die lig gesien, nie net van gevestigde kunstenaars
nie, maar ook van ’n paar nuwelinge wat die potensiaal het om groot hoogtes in
die Afrikaanse musiekbedryf te bereik. Hier is seker die beste tien albums wat
in 2018 verskyn het; die enigste tipe albums wat nie in aanmerking geneem is
nie, is trefferversamelings, huldeblykalbums (nie dat daar so iets vanjaar
verskyn het nie) en albums waarop kunstenaars nie hul eie werk sing nie.

  1. Sit
    kêrels – Adam Tas

Met sy jongste album doen Adam Tas sy reputasie as Boere-digter
gestand.  Adam se lirieke het meer om die
lyf as dié van die meeste kommersiële kunstenaars, hy weet hoe om ’n storie te
vertel en hier en daar lag ’n mens ook lekker vir sy lirieke. Byna al die
snitte op die album is oorspronklik, maar hy het ook Anton Goosen se komposisie
“Scotty Smith” ingesluit.

  • Eindelose
    liefde – Caroline-Grace

Caroline-Grace was ’n deelnemer aan The Voice, en sy het van die begin af
gewys dat sy oor uitsonderlike talent beskik. Haar debuutalbum het al ’n aantal
treffers opgelewer, maar daar is nog een of twee wat die potensiaal het om die
trefferslyste van die meeste radiostasies te haal. Sy werk saam met uitstekende
liedjieskrywers en haar vertolking van twee bekende snitte wat op hierdie album
voorkom, is uitsonderlik. Caroline-Grace is ’n aanwins vir die musiekbedryf.

  • Wees
    lief – Cordelia

Cordelia het in 2015 haar deurbraak met haar vorige album, Breek die stilte, gemaak en ’n mens het
gewonder of sy dit sou kon nadoen. Die goeie nuus vir haar aanhangers, en die
musiekbedryf as ’n geheel, is dat sy dit nie net reggekry het nie, maar dat
haar gewildheid besig is om toe te neem. Hoewel sy ’n kontrak by ’n groot
platemaatskappy losgeslaan het, het sy steeds haar integriteit as
kunstenaar  behou.

  • Mis
    eet slaap herhaal – Demi-Lee Moore

Daar was al verskeie kompetisies wat ten doel gehad het om nuwe talent op
die Afrikaanse musiektoneel te ontdek. Die jongste daarvan was Die Kontrak, wat
op VIA TV uitgesaai is. Demi-Lee Moore was nie ’n vreemdeling toe sy ingeskryf
het nie; sy het voorheen aan Idols deelgeneem. Haar oorwinning in Die Kontrak
was egter haar deurbraak in die plaaslike musiekbedryf en haar debuutalbum het
dadelik baie gewild geword. Sy het ook aan Afrikaans is Groot deelgeneem en is
baie goed deur die publiek ontvang.

  • Kleindorp-dromer
    – Elandré

Sommige kunstenaars is maar net op die regte tyd op die regte plek. Elandré
het sy kontrak losgeslaan met ’n weergawe van Bruce Springsteen se treffer “Tougher
than the rest” en die res is geskiedenis. Elandré het reeds ’n
Ghoema-toekenning gewen en hierdie album het al ’n paar treffers opgelewer. Hy
gaan nog een van ons land se suksesvolste kunstenaars word.

  • Hittegolf
    – Franja du Plessis

Hoewel Franja daarvan beskuldig sou kon word dat  sy op die rug van haar bekende ma, Juanita du
Plessis, ry, is niks verder van die waarheid af nie. Franja het haarself met
haar tweede album opnuut as ’n kunstenaar in haar eie reg gevestig en dis
duidelik dat sy haar ma se talent geërf het. Sy het elke snit op haar nuwe
album geskryf en gekomponeer.

Leon was ’n lid van die kontemporêre
Christelike groep Vertikaal en later van die kitaarduo CH2. Hierdie album is
egter sy eerste een as solokunstenaar; hy het ’n aantal van NP van Wyk Louw se
gedigte getoonset, met die gevolg dat die lirieke bogemiddeld goed is.

Refentse het sedert hy in 2016 op die
plaaslike musiektoneel verskyn het, ’n gunsteling onder musiekliefhebbers
geword met sy foutlose Afrikaans. Sy jongste album bevat al hoe meer
oorspronklike komposisies en kan baie sterk aanbeveel word.

Serenade val ongetwyfeld in daardie
kategorie van ‘n groep mans wat regtig kan sing en klaarblyklik sangopleiding
ondergaan het. Hulle debuutalbum is sonder twyfel die beste album deur ’n groep
wat vanjaar verskyn het.

Tarryn, voorheen die hoofsangeres van die
groep Blackbyrd, het besluit om ’n solo-loopbaan in Afrikaans te volg. Daarby
het sy ’n paar treffers van die legendariese Laurika Rauch opgeneem en haar
weergawes vergelyk baie goed met die oorspronklikes.

The post Daantjie Dinamiet se top CD’s vir 2018 appeared first on FAK.

Powered by WPeMatico