Blokhuis, Battery en Geskut, Houtbaai
December 13, 2017
Peter Woutersen-grafkelder, Groenpunt
December 13, 2017

Die ontwikkeling en bewoning van die steil en rotsagtige, ontoeganklike westelike kus van die Skiereiland het veel later en veel langsamer plaasgevind as die ontginning van die vrugbare valleie van Rondebosch en Wynberg. Toe dit egter eenmaal op dreef gekom het, het dit gedreig om die allermooiste dele van die kus te verniel. Omdat die Historiese Monumentekommissie ook teen die skending van ons natuurskoon moet waak, het hy dus die gebied geleë tussen Victoriaweg en die see vanaf Fourth Beach by Clifton tot by Glen Beach by Kampsbaai tot natuurmonument verklaar. Sodoende het hy daarin geslaag om ’n uiters skilderagtige omgewing naby ’n digbewoonde voorstad te red.

(Geproklameer 1948)

 

.W. Bowler • Clifton 1842 • Africana-museum, Johannesburg
Bron: Oberholster, J.J. 1972. Die Historiese Monumente van Suid-Afrika. Kaapstad: Die Kultuurstigting Rembrandt van Rijn, p. 56.

 

Bron: Oberholster, J.J. 1972. Die Historiese Monumente van Suid-Afrika. Kaapstad: Die Kultuurstigting Rembrandt van Rijn, p. 55.