Fak_logo1Fak_logo1Fak_logo1Fak_logo1
  • Tuis
  • Afrikanergeskiedenis
    • FAK-Fotoversameling
    • Tydvakke
    • Kultuurorganisasies
    • Klankargief
    • Afrikanergeskiedenis algemeen
    • Geskiedenisdagboek
    • Afrikaanse Kultuuralmanak
    • Kultuurkroniek
  • Word ‘n vriend
  • Besoek die FAK
  • Soek ons
  •           
✕

Carl von Brandis

  • Tuis
  • Presidente Artikels
  • Carl von Brandis
Genl. Christiaan Frederik Beyers (1869-1914)
May 3, 2017
’n Gedenknaald ter ere van genl. De Wet
May 3, 2017

(Geskryf deur WJ Fourie, soos verskyn in Historia Junior, November 1967)

Carl von Brandis, die eerste Johannesburgse burger vir wie ’n openbare standbeeld opgerig is, is beslis een van die kleurrykste persoonlikhede uit ’n kleurryke tydperk van ons geskiedenis.

Carl von Brandis is in Duitsland gebore en het as jongman as kaptein diens gedoen in die Oostenrykse leër. Later het hy by die Engelse leër aangesluit en in die Krimoorlog teen die Russe geveg.

Na die oorlog het hy na Suid-Afrika gekom. Hier het hy vir ’n kort rukkie opgetree as privaat sekretaris van President Brand. Daarna is hy na Transvaal waar hy verskeie betrekkinge in diens van die staat beklee het.

In 1886 is hy deur president Kruger as mynkommissaris na die Witwatersrand gestuur. Voor die tent wat as sy kantoor gedien het, is die Witwatersrandse goudvelde geproklameer terwyl die kommissaris, volgens oorlewering, op ’n whiskykissie gestaan het.

Von Brandis was van 1886 tot 1900 landdros van Johannesburg. Toe Lord Roberts se magte Johannesburg ingeneem het, het hy die sleutels van die landdroskantoor aan die Britse bevelvoerder oorhandig. Hy is versoek om voort te gaan en het aangebly tot ’n paar dae voor sy dood in Junie 1903.

Die standbeeld van hierdie merkwaardige man is opgerig in Smalstraat, naby die plek waar hy gewoon het en is op 6 Augustus 1965 onthul.

Share
0

Related posts

November 30, 2021

Vroue van ons leiers 2: Nonnie de la Rey – vir haar vyande ’n vriendin


Lees meer
November 30, 2021

Vroue van ons leiers 1: Tant Siena – almal se tante


Lees meer
February 16, 2021

Die Boere-aanval op Majuba – Deel 20: Slot


Lees meer

Navigasie

  • Tuis
  • Afrikanergeskiedenis algemeen
  • Tydvakke
    • Pioniers (1652–1820)
    • Groot Trek (1820–1845)
    • Presidente (1845–1902)
    • Generaals (1902–1948)
    • Nasionaliste (1948–1976)
    • Militariste (1976–1994)
    • Afrikaners na 1994
  • Geskiedenisdagboek
  • FAK-Fotoversameling
  • Suider-Afrika Geskiedenis
  • Afrikanerkultuur
  • Kultuurorganisasies
logo
Word 'n vriend

Kontak Ons

Moerdijkhuis,
Voortrekkermonumentterrein Eeufeesweg,
Pretoria

012 301 1777
fak@fak.org.za

1m

© 2021 FAK. Kopiereg voorbehou